Dis makietie-tyd op Swakop

Feesvieringe begin vandag
Die munisipaliteit gaan vanaf 4 tot 27 Augustus 'n reeks opwindende aktiwiteite aanbied ter viering van die dorp se 130ste bestaansjaar.
Nikanor Nangolo
Swakopmund vier vanjaar sy 130ste bestaansjaar.

Die voorsitter van die dorp se bestuurskomitee, Wilfried Groenewald, sê die vieringe – wat vanaf vandag tot 27 Augustus plaasvind – is ’n reusemylpaal.

“Dit is duidelik die gemeenskap het oor die jare ’n sterk fondasie gebou en verbeter gereeld daarop. Die doel van die vieringe en herdenking is om die kulturele diversiteit en sosiale interaksie te verryk.”

Groenwald het tydens die laaste gewone raadsvergadering gesê N$350 000 is vir die geleentheid bewillig.

“Geld sal ook gegenereer word uit kaartjieverkope by die musiek- en sportvertonings; en stalletjie- en huurgelde wat van die verkopers verhaal word.”

’n Komitee is aangestel om die feesvieringe te organiseer en te bestuur.

Program

Die amptelike opening van die feesvieringe vir die dorp wat die tuiste van sowat 70 000 inwoners is, vind vandag om 10:00 by die Amfiteater in Mondesa plaas met musiek, poësie, dans en ’n openbare verwelkoming.

Tien historiese geboue gaan om 19:00 in lig gehul word as deel van ’n “Festival of Light” met die tema “Light Up Memories”.

Op 5, 6, 26 en 27 Augustus sal straatmarkte ook gehou word.

’n Sportfees en kleurpartytjie word vir 6 Augustus by die Vineta-sportveld beplan.

’n Gospelfees, “Shining through Grace”, vind eerskomende Sondag by Mondesa se meerdoelige sentrum plaas.

Die Tamariskia-fees met ’n langarmdans- en ’n potjiekoskompetisie word op 13 Augustus by die Tamariskia-basketbalbaan gehou, waarna ’n jeugtalentskou vir dansers, digters en akteurs op 20 Augustus by die Namib Primêre Skool plaasvind.

Die opening van ’n uitstalling met Swakopmund se 130ste bestaansjaarvieringe as tema, vind op 26 Augustus by die Swakopmund Museum plaas, en uiteindelik word daar op 29 Augustus ’n optog en kulturele optredes by die Swakopmund-munisipaliteit se kantoor gehou.

Plaaslike kunstenaars sluit die feesvieringe met ’n musiekfees af. Die musiekfees word op die oop ruimte langs die Laerskool Festus !Gonteb op 27 Augustus vanaf 15:00 gehou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!