Erongo se waterbronne is ‘gesond’
Infrastruktuur opgeknap
Die minister het gerugte van watertekorte in die streek weerlê.
Adam Hartman • Arandis
Watervoorsiening in die Erongostreek is relatief veilig vir die volgende 25 jaar, aangesien die wateronttrekkingskapasiteit verhoog is en al die watervoorsieningsinfrastruktuur vervang en opgegradeer is, aldus die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein.
Die minister het die gerugte weerlê dat die streek se grondwaterbronne basies uitgeput is, en dit ’n stormloop ten opsigte van die bou van ontsoutingsaanlegte en ander projekte meegebring het.
Hy het dié stelling tydens die inwyding van Rössing Uranium se nuwe waterbergingsfasiliteit met ’n kapasiteit van 60 000 m³ gemaak.
Volgens Schlettwein is die toestand van grondwaterbronne in die streek “gesond” en is daar nie ’n tekort aan waterbronne nie.
“Dis eerder die groter vraag na water weens verhoogde menslike bedrywighede wat ’n uitdaging is. Ons is in die proses om water meer volhoubaar as in die verlede te ontgin.”
Hy het bygevoeg aangesien die streek die tweede grootste bydraer tot die land se ekonomie en belangrik vir nywerheidsgroei is – veral mynbou – is dit belangrik om die voorsiening van water vir beide gemeenskappe en nywerhede te handhaaf en te verseker.
Schlettwein het uitgewys dat die regering, as deel van sy nasionale geïntegreerde watervoorsiening, deurlopend deur NamWater gewerk het om die kuspypleidingnetwerk in stand te hou en nuwe waterskemas, soos die Kuiseb-skema, ontwikkel het om aan die verhoogde voorsieningskapasiteit te voldoen.
“Dit beteken die infrastruktuur van beide grondwaterbronne wat die weskus voorsien, naamlik die Kuiseb en Omdel, is opgegradeer en vervang en het nou ’n leeftyd tot 2037.”
Schlettwein sê die Kuiseb-akwifer se vermoë is weer gemeet en nuwe kompartemente is oopgemaak, wat die kapasiteit van volhoubare grondwateronttrekking sal verhoog.
“Ons is nou op ’n veel beter plek as drie jaar gelede toe ons beduidende ontwrigtings gehad het. Ons het nou nuwe infrastruktuur om die sentrale kusgemeenskappe, Arandis en die myne, van skoon water te voorsien.”
Hy sê die regering, in samewerking met NamWater, is in die finale stadium om nog ’n ontsoutingsaanleg aan die kus te bou.
“Dit sal die voorsiening van ontsoute water na die sentrale gebiede verhoog, maar ook watertoevoer na die res van die Erongostreek, en selfs Botswana, ondersteun.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie