Erongo-vroue baat by agriprojekte
Innoverende benaderings is broodnodig
Innoverende boerderybenaderings wat grond en water doeltreffend benut, word benodig om die uitdagings van klimaatsverandering en wisselvallige reënval die hoof te bied.
Net minder as die helfte (ongeveer 1 000) van die sowat 2 100 boere in die Erongostreek wat by verskeie landbouprojekte gebaat het, was vroue, het Neville Andre, die goewerneur van die Erongostreek, gesê. Altesaam 183 boere (88 mans en 95 vroue) het voordeel uit die Omvattende Landbouprogram in die streek getrek. Die program fokus om agri-ekosisteme vir verbeterde en volgehoue produktiwiteit en voedselsekuriteit te bestuur, terwyl die hulpbronbasis en die omgewing bewaar en verbeter word.
Nog ’n ontwikkeling in die landboubedryf in die afgelope boekjaar was die implementering van die Kleinvee-ontwikkeling- en Verspreidingsprogram onder plattelandse boere in die Daures-kiesafdeling, die Otjimbingwe-omgewing en die Topnaars by Utuseb langs die Kuisebrivier waar 20 kwesbare boere (11 vroue en nege mans) elk 20 ooie en ’n ram as teelkudde ontvang het.
“Oor die algemeen vaar die meeste begunstigdes goed ondanks die uitdagings wat droogte en roofdiere bring. Dié program sal na verwagting tot Maart 2023 duur,” het Andre gesê.
• Op sy beurt het die Nasionale Tuinbou-ondersteuningsprogram 65 boere (23 vroue en 42 mans) bevoordeel. Dié program is daarop gemik om huishoudelike voedselsekerheid en verhoogde landelike inkomste onder die boerderygemeenskappe te bevorder. Hulle het saad, plaagdoders, kunsmis en besproeiingsmateriaal ontvang.
Altesaam 171 boere (95 mans en 76 vroue) oraloor Erongo het opleiding in tuinbouproduksie ontvang. In samewerking met dié program, is die Namibië Landbou Meganisasie- en Saadverbeteringsprojek van die ministerie van landbou, water en grondhervorming wat poog om huishoudelike voedselsekuriteit te verbeter en armoede te verlig.
Volgens die goewerneur is die projek nog in sy implementeringsfase, maar 180 handaangedrewe groentesaadboormasjiene, ’n diereskaal, 40 handaangedrewe onkruidverbouers, 40 rugsakspuite en 56 steeksaadboorders is aangeskaf en aan boere in die streek beskikbaar gestel.
Andre het gesê die gemiddelde reënval in die streek vir die 2021-’22-seisoen het tussen 150 mm en 316 mm gewissel.
“Ná byna agt jaar van droogte het boere die broodnodige reën verwelkom,” het hy gesê.
• Wat pluimvee betref, het 19 boere (nege mans en 10 vroue) in die afgelope boekjaar voordeel uit die ontwikkelingskema vir die pluimveewaardeketting getrek, terwyl 815 Erongo-boere (360 mans en 455 vroue) in verskeie pluimveeteelpraktyke opgelei is.
Die skema is bedoel om kleinskaalse pluimveeprodusente te help om by die ekonomiese hoofstroom aan te sluit sodat huishoudelike voedselsekuriteit en armoede onder die landelike kwesbares getakel kan word.
Die goewerneur het beklemtoon dat opleiding belangrik is en gesê die betrokke regeringsinstansies moet verseker dat boere kennis en vaardighede bekom om hul boerderye te bevorder.
Vyf slypskole is die afgelope jaar in die Erongostreek gehou, waarin 801 boere (301 vroue en 500 mans) raad oor landbouvoorligting en opleiding ontvang het in beide gewas- en veeproduksie.
Die winsgewendheid van kleinveeboerderye en die toekoms van dié boerdery in Erongo en Kunene gebaseer op voortdurend veranderende omgewingstoestande is onder meer bespreek, asook kleinskaalse tuinbou- en vrugteproduksiepraktyke.
Dieregesondheid was ook onder die vergrootglas, met onder meer inenting, ontwurming en parasietbeheer wat aangeraak is.
Die bestuur van weiding en byvoeding is ook onder die loep geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie