Jong meisies bemagtig

Bekostigbaar vir almal
Awake Global en She PowHer het hande gevat om menstruele koppies aan 'n plaaslike skool te skenk met die doel om afwesigheid onder meisies weens hul menstruele siklus te verminder.
Michelline Nawatises
Awake Global en She PowHer het onlangs hande gevat om 27 menstruele koppies aan leerlinge by die Sekondêre Skool Swakopmund te skenk.

Michelle Besser van Awake Global het tydens die oorhandiging van dié skenking gesels oor die voordele van die gebruik van menstruasie koppies en verduidelik hoekom dit 'n meer omgewingsvriendelike opsie as ander sanitêre produkte is. "Nie-organiese sanitêre doekies deur gewilde handelsmerke, wat wyd beskikbaar is, kan 250 tot 800 jaar neem om te ontbind, of mag nooit ontbind nie. Elke doekie bevat ‘n groot hoeveelheid plastiek.”

Sy het ook gepraat oor die stigma wat aan menstruele koppies gekoppel word. "Van die mites is dat dit jou maagdevlies kan skeur, in die serviks kan verdwyn of in die bloedstroom kan oplos. Die produk is voordelig en sal jou liggaam op geen manier benadeel nie."

Sy het bygevoeg dit is algemeen dat meisies skool mis weens 'n gebrek aan fondse of die onvermoë om sanitêre doekies te koop. "Hierdie produk sal meisies in staat stel om te doen wat hulle moet doen terwyl hulle gemaklik bly. Ons doen dus 'n beroep op die regering en die private sektor om betrokke te raak sodat ons meisies wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie, in die skool kan hou."

Besser het daarop gewys dat vroue daagliks 'n gemiddeld van twee tot vier eetlepels bloed tydens hul siklus verloor. "Wanneer jy 'n menstruele koppie gebruik, kan jy met jou daaglikse aktiwiteite soos swem en intense oefensessies aangaan en 'n gemaklike nagrus geniet. In vergelyking met ander sanitêre produkte soos doekies en tampons, is die koppies goedkoper.”

Natalia Shivute, 'n graad 9-leerder, het ook haar gedagtes gedeel: “Dit is ’n goeie idee om dit te gebruik aangesien ons ouers soms nie geld het om sanitêre doekies te koop nie. Dankie dat julle hierdie produk aan ons verskaf het.”

DIE BEGIN

She PowHer is Suid-Afrika se eerste erkende vervaardiger van menstruele koppies. Die maatskappy, wat deur vroue besit word, vervaardig menstruele koppies wat volhoubaar en koste-doeltreffend is en aan internasionale veiligheidstandaarde voldoen.

Die menstruele koppies is in groottes van klein, medium en groot beskikbaar en is getoets vir sitotoksisiteit en velsensitiwiteit. Die koppies met 'n lewensduur van tot vyf jaar word van bioafbreekbare materiaal gemaak. Dit is deur die mediese vereniging in Suid-Afrika goedgekeur en kan tussen 8 tot 12 ure per dag gebruik word.

Ruth Apostolov, die stigter van die She PowHer wat in Durban gebaseer is, het tydens die Covid-inperking besef daar is baie meisies wat moet rondvra vir geld om sanitêre doekies te koop.

Sy het besluit om te kyk na produkte om die probleem op te los, en vandaar die idee van die menstruele koppie. "Die harde werklikheid is dat sanitêre produkte uiters onbekostigbaar is vir die meeste vroue, wat dit vir hulle onmoontlik maak om gesonde menstruele higiëne te handhaaf," sê Apostolov.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!