Karnaval beloof ’n fees soos min
‘Narrenwecker’ op 28 Mei
Volgens Küska se organiseerders, gaan Sam Nujoma-rylaan waar die "Narrenwecker" gehou word, tydens die geleentheid vir verkeer gesluit wees.
Die “Narrenwecker” ofte wel die “ontwaking van die karnavalnarre” wat die jaarlikse Küska-karnaval op Swakopmund amptelik afskop, word vir 28 Mei beplan.
Die Swakopmundse Karnavalvereniging het onlangs die datums vir die feesvieringe aangekondig, wat met die Narrenwecker afskop en wat Küska-week (17 tot 25 Junie) voorafgaan.
“Die Narrenwecker wei die begin van die karnavalseisoen in en bring die gees van die karnaval na almal,” het Küska se voorsitter, Karl-Heinz Schulte, gesê.
Soos gebruiklik sal die Narrenwecker in Swakopmund se hoofstraat, Sam Nujoma-laan, voor die Swakopmunder Apteek gehou word.
Die groot verskil vanjaar is dat albei die bane voor Pick n Pay vir die vieringe gesluit gaan word. Dit beteken beide oos- en weswaartse verkeer sal vir die duur van die fees op 28 Mei gesluit wees.
Volgens Schulte is die rede hiervoor dat baie mense (ook kinders) altyd op die eiland tussen die twee bane staan terwyl daar nog heelwat verkeer is. Die versoek word deur die Swakopmundse dorpsraad ondersteun en die nodige reëlings vir die veiligheid van die deelnemers en die gerief van die publiek en verkeer sal getref word.
Küska begin met die Prinzenball op Vrydag 17 Junie, en eindig met die sierwaoptog en Kehrhaus op Saterdag 25 Junie.
Die gewilde sierwaoptog beweeg deur die dorp, met kreatief versierde sierwaens, dans en musiek wat die strate, veral die hoofstraat, vul terwyl kinders agter lekkers aanhardloop wat van die sierwaens gegooi word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie