Konstruksie van N$42 miljoen IUM-sentrum begin
Navorsing en opleiding bly prioriteite
'n Sooispitseremonie vir die bou van 'n navorsing-, opleiding- en konferensiesentrum ter waarde van N$42 miljoen is op Swakopmund gehou.
Die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM) het Maandag ’n sooispitseremonie vir die konstruksie van sy navorsing-, opleiding- en konferensiesentrum ter waarde van N$42 miljoen in Swakopmund gehou.
Die stigter en raadsvoorsitter van IUM, David Namwandi (voormalige minister van onderwys) het by die seremonie gesê Namibië se visie is om teen 2030 'n nywerheidsnasie te wees; 'n sleutelkomponent van die Afrika-unie se visie vir die vasteland om teen 2063 globaal ekonomies sterk te wees.
“Dit is een van die redes waarom IUM gestig is en tans uitgebrei word. Om hierdie doelwitte te bereik, moet 'n land getransformeer word deur navorsing, ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang," het hy gesê.
Hy is van mening toegepaste navorsing sal uiteindelik tasbare oplossings vir uitdagings bied wat Namibië in die gesig staar, en dat die nuwe sentrum kritiek sal wees om antwoorde te vind wat tot werk en welvaartskepping sal lei.
"Nasies wat in navorsing en ontwikkeling belê, floreer – en diegene wat nie in navorsing en ontwikkeling belê nie, bly arm," het hy gesê en bygevoeg dit is noodsaaklik vir die regering om meer in navorsing te belê, in vergelyking met die skamele bedrag wat tans bewillig word.
Namwandi het ook gesê die oseaan en sy potensiële Blou Ekonomie, myne, sowel as die Namibwoestyn, bied ideale geleenthede vir navorsing en ontwikkeling.
"As openbare, private en akademiese belanghebbendes bymekaarkom, kan ons saamwerk om nuwe kennis en nuwe produkte te skep."
Die sentrum sal fokus op navorsing wat op ervaring gegrond is, met een van die hoofdoelwitte om metodes en tegnologie te ontwikkel om die woestyn in produktiewe landbougrond te omskep. Navorsing sal ook fokus op hoe om knelpunte in geleenthede te omskep wanneer dit by Blou Ekonomie kom.
Die sentrum sal duisende e-boeke, gedrukte boeke en studievraestelle vir navorsing beskikbaar stel.
"Opleiding en probleemoplossing sal 'n belangrike aspek wees. Dit sal individue en instansies 'n geleentheid bied om deur toegepaste tegnieke denkwyses te verander en probleemoplossers te word," het Namwandi verduidelik.
Benewens die verskaffing van 'n platform vir navorsing, voorlegging en opleiding, sal die konferensiesentrum ook vir algemene werkwinkels, vergaderings en konvensies gebruik word.
Namwandi het gesê die jeug is die sleutel tot die verwesenliking van Namibië se doelwitte, en dat die nuwe sentrum daar is om hulle te help om hulself voor te berei.
Hy het beklemtoon die nuwe sentrum sal ook nie net vir IUM wees nie, maar ook vir NUST, Unam en professionele mense van ander instellings oraloor die wêreld “sodat ons saam kan ontwikkel”.
IUM se bemarkingsdirekteur, Gerry Munyama, het gesê toekomsplanne sluit in om 'n kampus in Walvisbaai te bou aangesien IUM se studentebevolking in dié hawedorp die huidige fasiliteit ontgroei het.
"Ons het onderhandel en 'n erf is toegeken waarvoor ons betaal het," het hy gesê.
IUM het in 1994 met een student en een lektor (Dawid Namwandi) begin. Nou het dit 13 600 studente; meer as 500 werknemers insluitend dosente; en vier kampusse, en 'n tak, oraloor die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie