Die Walvisbaai-munisipaliteit se finansiële hoofbestuurder, Frans Gonteb. Foto Leandrea Louw
Die Walvisbaai-munisipaliteit se finansiële hoofbestuurder, Frans Gonteb. Foto Leandrea Louw

Munisipaliteit werp lig op begroting

Lê uiteensetting van uitgawes voor
Die munisipaliteit van Walvisbaai het tot dusver net 'n klein persentasie van sy 2021-'22-begroting bestee.
Leandrea Louw
Die munisipaliteit van Walvisbaai het ’n uiteensetting van sy uitgawes vir die 2021-’2022-boekjaar asook sy voorgestelde begroting vir die nuwe finansiële jaar voorgelê.

Die inligting is bekend gemaak tydens ’n openbare vergadering wat belê is om die gemeenskap se insette te bekom oor die voorgestelde begroting vir 2022-’23 wat nog ter tafel gelê moet word.

Die begroting sou aanvanklik verlede week ter tafel gelê word, maar is vir ’n onbepaalde tyd uitgestel ná inwoners hul kommer uitgespreek het dat geen konsultasies vooraf gehou is nie.

Die munisipaliteit se finansiële hoofbestuurder, Frans Gonteb, het verduidelik die munisipale raad beoog om ’n begroting van N$815 miljoen ter tafel te lê, insluitend N$563 miljoen vir operasionele projekte en N$252 miljoen vir kapitaalprojekte.

“Die grootste deel van die begroting is vir grondontwikkeling (N$106 miljoen); maatskaplike projekte (N$23 miljoen); diensleweringsprojekte (N$38 miljoen); die herstel en vervanging van infrastruktuur (N$32 miljoen); nuwe voertuie (N$50 miljoen); en Capex-finansiering uit inkomste (N$3 miljoen) geoormerk.”

Projekte wat vir die nuwe finansiële jaar aangepak gaan word, sluit in ’n brandweerstasie vir Tutaleni, ’n nuwe begraafplaas vir Narraville, die ontwikkeling van ’n jeugsentrum en ’n nuwe informele mark vir Narraville.

Volgens Gonteb word ’n verhoging van 5% op water, riool en sanitasie beoog. ’n Daling in tariewe en grondbelasting sal egter geld weens grondpryse wat met 50% en verbeterings met 19% afgeneem het.

Onderbesteding

Volgens Gonteb is slegs N$4 miljoen uit die begrote N$94,6 miljoen vir grondontwikkelingsprojekte in 2021-’22 bestee.

“Altesame 14% van die N$29 miljoen is bestee wat begroot is vir Narraville Uitbreiding 8; 2% van N$14 miljoen vir Erf 8635 Kuisebmond; 1% van N$13,5 miljoen vir Farm 79; en 0% van N$38 miljoen vir Farm 37 (350 erwe).”

Op kapitaalprojekte is 12% van die begrote N$315 miljoen in 2021-’22 aangewend.

Slegs 42% van die beskikbare begroting vir die herstel en vervanging van infrastruktuur is gebruik.

“Altesame N$6,5 miljoen is bewillig vir die vervanging van Pelican-straat se rioolstelsel, hoewel net N$2,4 miljoen tot op hede bestee is. Verder is 29% van die N$5,1 miljoen bestee aan die herseëling en herbouing van kruisings; 93% van N$1 miljoen vir die vervanging van die dwarslêers by Esplanade; 64% van N$1,2 miljoen vir die opgradering van die Narraville-pompstasie; en 42% van N$971 985 vir die herbou van bestaande paaie.”

Ten opsigte van diensleweringsprojekte, is 68% van die begrote N$20 miljoen tot dusver gebruik.

Altesame 75% van N$10 miljoen is vir die teer van strate; 81% van N$2,8 miljoen vir die opgradering van die padnetwerk; 91% van N$2,5 miljoen vir die installering van die voorafbetaalde watermeterstelsel; en 28% van N$2,8 miljoen vir die herlei van riool in Mautamanenestraat aangewend.

Luidens Gonteb het die munisipaliteit die voertuigbegroting oorskry en 105% van die begrote N$7,5 miljoen aangewend.

“Ons het ’n skraper en twee watertenkvragmotors vervang, die M326 se pneumatiese band vervang, en die verkeersdepartement se ‘drankbus’ gekoop. Altesaam N$1,5 miljoen is vir die watertenkvragmotors begroot, maar N$2,4 miljoen is bestee.”

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!