Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het aansoek gedoen vir grond by Farm 37 om huise te bou. Foto Leandrea Louw
Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het aansoek gedoen vir grond by Farm 37 om huise te bou. Foto Leandrea Louw

NHE soek grond vir bekostigbare behuising

Farm 37 vir lae-inkomstehuise geoormerk
Die munisipale raad van Walvisbaai het aanbeveel dat 'n stuk grond by Farm 37 vir ongeveer N$3 miljoen aan die NHE verkoop word.
Leandrea Louw
Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het die munisipaliteit van Walvisbaai genader om grond by Farm 37 te koop om bekostigbare huise op te bou.

’n Aanbeveling is tydens ’n onlangse raadsvergadering gemaak dat die ongedienste Area 4 (Green Valley Proper) van Farm 37 wat 60 672 m² beslaan, deur ’n private transaksie aan die NHE verkoop word vir die bou van lae-inkomstebehuising.

Die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Richard Hoaeb, het gesê dié stuk grond bestaan uit 283 erwe.

“Voorsiening is vir 243 enkel-residensiële erwe, vier algemene residensiële erwe, ses staatserwe, ses institusionele erwe, twee besigheidserwe, vier algemene sakeondernemings, tien openbare ruimtes, twee nuts- en drie munisipale erwe gemaak.”

Die beplanning rakende die stigting van Area 4 van Farm 37 is reeds afgehandel en die sketse is by die aktekantoor geregistreer. Die NHE moet bloot aandag skenk aan siviele werke om infrastruktuur te voorsien.

Volgens Hoaeb het die NHE gevra dat nie minder as 200 erwe vir hul beoogde behuisingsprojek op die hawedorp geoormerk word nie.

Hy is van mening die ontwikkeling by Farm 37 sal ander ontwikkelaars aanmoedig om betrokke te raak, aangesien dit broodnodige werksgeleenthede na Walvisbaai sal bring.

Hoaeb het daarop gewys die NHE het geen aanbod gemaak om die grond by die raad te koop nie.

“Tydens ’n vorige vergadering het die raad besluit om gedeeltes 1 en 2 van Farm 37 teen N$50,06 per vierkante meter beskikbaar te stel; ons is dus van mening die ongedienste Area 4 van Farm 37 kan vir dieselfde prys aan die NHE aangebied word.”

Hy het voorts gesê die NHE sal verantwoordelik wees vir die koste verbonde aan die ontwikkeling van die grond rakende dienste en die ontwikkeling moet twee jaar vanaf die datum van oordrag by die aktekantoor begin. Dit moet ook binne 36 maande voltooi wees.

Raadslid Buddy Bramwell het gevra dat die raad weer na die verkoopsprys van die grond moet kyk.

“N$3 miljoen is wat jy vir ’n huis in Meersig betaal en nou bied ons 60 hektaar grond vir dieselfde prys aan. Wat het van die munisipale raad se behuisingsinisiatief geword? Dis ’n ideale stuk grond om hierdie inisiatief te laat herleef. Ons het gevra, daar was baie beloftes, maar geen konkrete voorstel kom deur nie. Ek ondersteun behuising op enige manier, maar ons moet kyk na die prys.”

Raadslid Ryan Gordon het voorgestel indien daar nog leë erwe is wat die NHE besit, daardie erwe eers ontwikkel en verkoop word.

“Sou die NHE grond vir hierdie prys bekom, moet dit ook weerspieël in die prys waarvoor hulle ’n huis verkoop.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!