Nictus brei uit in hawedorp

'Groter en beter'
Die meubelhandelaar Nictus het sy tweede grootste vertoonlokaal in die land geopen en ook 'n nuwe beddegoedboetiek in Walvisbaai.
Nikanor Nangolo
Nictus Furnishers het amptelik sy splinternuwe vertoonlokaal in Theo Ben Gurirabstraat in Walvisbaai geopen.

Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, en verskeie rolspelers in die meubelbedryf in Namibië en Suid-Afrika het die geleentheid bygewoon.

Die nuwe vertoonlokaal het nou meer gewilde handelsmerke met 'n uitgebreide reeks bykomende produkte van Bosch, Candy Smart Appliances en Smeg. 'n Nuwe kombuisreeks sowel as 'n wye verskeidenheid van klein toestelle sal ook beskikbaar wees.

Francois Wahl, die uitvoerende hoof van Nictus Furnishers het sy opgewondenheid uitgespreek oor die gehalte-produkaanbieding en werksgeleenthede wat vir die plaaslike inwoners geskep is.

“Met hierdie uitbreiding kon ons ons personeelkomplement verdubbel deur 16 bykomende werksgeleenthede te skep. Dis 'n groot oorwinning, veral in die bestaande ekonomiese omstandighede. Ons is ook opgewonde om 'n groter verskeidenheid gehalteprodukte vir ons kliënte aan die kus te kan bied en ons sien uit na voortgesette groei.”

Wahl het bygevoeg dat die nuwe Nictus-konsepwinkel, Bedding Boutique, die tweede Sealy Spesialis-sentrum onder die Nictus-sambreel in die kusgebied sal wees.

“Die Beddegoedboetiek sal alle LazyBoy-produkte, soos onder meer russtoele, rusbanke, sitkamerstelle en dagbeddens verkoop. Hierdie produkreeks is op diegene gerig wat gemak in beide die slaapkamer en die sitkamer waardeer."

Gerald Tromp, voorsitter van Nictus Holdings, het belowe die meubeleerder sal op bestaande verhoudings met vennote voortbou. Tromp het ook sy dank teenoor belanghebbendes, personeellede en kliënte uitgespreek.

Nictus besit tans vyf takke landswyd. Die takke is in Tsumeb, Walvisbaai, Swakopmund en Ongwediva geleë met sy grootste en vlagskipwinkel in Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!