Nuwe 'wiele' vir behoeftige inwoners
Ondersteuningstoerusting ontbreek nog
Die Namibiese Inkomste-agentskap het onlangs 'n skenking van 40 rolstoele aan behoeftiges in Erongo oorhandig.
Veertig van die sowat 65 mense in die Erongostreek wat rolstoele benodig, het onlangs een ontvang, danksy die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA).
Die rolstoele is aan van die begunstigdes oorhandig by 'n geleentheid wat op Afrikadag by die Swakopmund-staatshospitaal gehou is. Die meeste van die stoele sou aan die staat verbeur en op 'n openbare veiling verkoop word, maar danksy die inisiatief van NamRA, is besluit om eerder die toerusting aan kwesbare mense in die gemeenskap te skenk. Sommige van die rolstoele is gespesialiseerd en elektronies, en sommige moes reggemaak word, wat die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie gratis gedoen het.
Die senior mediese beampte van die Swakopmund-staatshospitaal, dr. David Tjiyokola, het gesê die aantal mense wat rolstoele benodig neem toe en rolstoele is redelik duur.
"Sonder rolstoele word mense se lewensgehalte ingeperk, aangesien hulle nie kan beweeg en hulself kan help nie."
Neville Andre, die goewerneur van Erongo, het gesê die skenking voldoen aan die behoefte van baie in 'n streek wat met talle uitdagings ten opsigte van gesondheidstoerusting worstel.
“Die lewens van gestremdes en hul kinders is moeilik weens die gebrek aan behoorlike rehabilitasiesorg en mediese toerusting. Dit ontneem hulle ook van geleenthede, soos om skool toe te gaan en aan sosiale aktiwiteite deel te neem.”
Andre het 'n beroep op besighede en individue gedoen om hierdie las te help verminder deur rolstoele te skenk wat nie meer benodig word nie, veral as in ag geneem word dat daar 65 mense in die streek is wat van 'n rolstoel afhanklik is, en 25 van hulle het nie een nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie