See ‘verorber’ openbare strand
Noodmaatreëls is getref
Die munisipaliteit moes noodmaatreëls tref as gevolg van die see wat besig is om al hoe meer van die openbare strand tussen die kaai en die Mole te erodeer.
Die Swakopmund-munisipaliteit is gedwing om groot granietblokke langs die strand net noord van die kaai te plaas as teenvoeter vir die toenemende bedreiging wat see-indringing meebring.
Die munisipaliteit het verlede week aangekondig dat werksaamhede dadelik begin, hoewel dit net ’n tydelike oplossing is. ’n Permanente grootskaalse operasie word beplan, wat ’n omgewingsimpakstudie, openbare deelname en ministeriële goedkeuring sal vereis.
“Die strand het aansienlik aan die noordelike kant van die kaai geërodeer en die branders bedreig van die huise in Molenweg,” het Swakopmund se munisipale bestuurder vir ontwerp en bou, Andries Louw, in ’n kennisgewing gesê.
Hy het bygevoeg die bestaande klipmuur weerskante van die kaai wat beskutting teen die see bied, sal met 50 meter verleng word.
“Dit sal in die komende wintermaande beskerming teen see-erosie bied.”
Benewens huise wat naby die see geleë is, bedreig erosie ook openbare grond en beskadig dit munisipale rioolinfrastruktuur in die onmiddellike omgewing.
Die groter, permanente projek sal beskerming teen stormvloede en stygende seevlakke in die omgewing bied.
Vir eers sal die strand en openbare gebiede tydens hierdie noodaktiwiteit gesluit wees. Molenweg sal nie gedurende die konstruksietydperk gesluit wees nie, hoewel die publiek kennis moet neem dat groot grondverskuiwingsvoertuie hierdie pad gaan gebruik om materiaal na die terrein te vervoer om die tydelike beskutting te bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie