Swakop se vliegveld sprei sy vlerke
Ligging is reg
Die munisipaliteit van Swakopmund is besig om die vliegveld op te gradeer en uit te brei.
Planne vorder goed om Swakopmund se munisipale vliegveld op te gradeer en uit te brei sodat dit meer en groter verkeer vir private en kommersiële doeleindes kan akkommodeer.
Die munisipale raad het onlangs goedkeuring gegee vir die vliegveld se ontwikkelingsplan, wat sal meebring dat die fasiliteit tot ’n kategorie C-lughawe opgegradeer sal word.
Daarmee saam gaan die lughawe in pas gebring word met die Namibiese Wet op Burgerlugvaart (NCAA) en gewysigde regulasies.
Die ontwikkeling sal ’n nuwe gebou, aanloopbaan en beheertoring insluit, asook die verskuiwing van die brandstofgeriewe, en die bou van nuwe toegangsroetes.
Om aan kategorie C-vereistes te voldoen, sal ’n hersiene en opgegradeerde operasionele handleiding verg, wat voorsiening sal maak vir groter vliegtuie, meer vrag en passasiers, sowel as die moontlikheid van buitelandse lugverkeer, wat die munisipaliteit se inkomste sal verhoog deur die voorsiening van doeltreffende dienste.
Die vliegveld het tot dusver meestal voorsiening gemaak vir die opstyg en neerstryk van klein vliegtuie, noodvlugte, toerisme-georiënteerde besigtigingsvlugte, bewaringsmonitering en valskermspring.
Die aanvanklike plan was om die vliegveld te verskuif weens kommer dat die huidige ligging groei en vlugbedrywighede sou beperk, en die lisensiëring van die fasiliteit sou beïnvloed.
Spesialiste is egter aangestel om die situasie te evalueer en dit is bevind dat die vliegveld moet bly waar dit is, maar eerder opgegradeer en herontwerp moet word om aan internasionale standaarde te voldoen. Dit sal bedrywighede en ook lisensiëring verbeter.
Totdat dit gelisensieer is, word die vliegveld toegelaat om te funksioneer, maar word nie deur die NCAA as ’n geregistreerde vliegveld geklassifiseer nie.
Om met die proses te help, is ’n verklaring van belangstelling vir die vliegveldlisensieproses uitgereik, wat na verwagting teen die einde van Junie afgehandel sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie