TransNamib neem eienaarskap van hotel oor

Trots Namibies
Die nuwe eienaars van 'n vooraanstaande hotel wil werksgeleenthede vir Namibiërs beskerm.
Michelline Nawatises
TransNamib het die volle eienaarskap asook die herbekendstelling van die Swakopmund Hotel & Entertainment Centre aangekondig.

TransNamib het voorheen 50 persent aandeelhouding in die hotel besit en kon die res van die aandele, wat aan Stocks & Stocks behoort het, ná ’n kabinetsbesluit teen N$103 miljoen bekom.

TransNamib se uitvoerende hoof, Johny Smith, het gesê die hotel was tot onlangs feitlik insolvent, met laste wat bates oorskry het.

“Die saak is in Maart 2022 afgehandel. Ons was baie bly toe die regering besluit het die regmatige eienaarskap van die hotel moet in Namibiese hande oorgedra word.”

Die regering het N$150 miljoen van belastingbetalers se geld in die hotel belê. Bykomende beleggings sal in infrastruktuurverbeterings, insluitend die omvattende opknapping van 90 kamers gemaak word.

TransNamib het ook besluit om ’n bestuursooreenkoms met Legacy Hospitality Management Pty Ltd aan te gaan om vir die volgende tien jaar steeds die hotel onder streng prestasievoorwaardes en -aanwysers, te bestuur.

“Soos met enige ander verhouding het ons uitdagings in die gesig gestaar,” het Smith gesê, “maar met ’n volwasse uitkyk wat met wedersydse respek ondersteun word, kon ons hierdie moeilike tye bestuur om werksekerheid en besigheidsgroei te verseker.”

Legacy Hotels and Resorts se bedryfshoof, Robert Hodson, is optimisties dat die hotel sal voortgaan om te floreer en om internasionale toeriste te lok.

“Die hotel is nou al vyf maande operasioneel ná ’n lang sluiting, en die ondersteuning wat ons van Namibiese toeroperateurs, maatskappye, die regering en inwoners geniet, is fantasties.”

TransNamib se voorsitter, Lionel Matthews, het gesê hulle kan nie toelaat dat Namibiese werksgeleenthede verlore gaan nie.

“Dit is noodsaaklik vir die aandeelhouer om te verseker die hotel word volhoubaar en dat werksgeleenthede verseker is.”

Hy het bygevoeg sedert die heropening van die hotel in Desember verlede jaar, het plaaslike inwoners die hotel goed ondersteun.

“Aan ons toeroperateurs en belanghebbers in die toerismesektor: “Ondersteun ons, aangesien hierdie pragtige bate aan ons almal behoort.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!