Tussenverkiesing in Augustus gehou
Aanvullende registrasieproses afgehandel
Meer as 2 500 kiesers het vir die komende tussenverkiesings in Swakopmund geregistreer.
Voorlopige syfers dui daarop dat die Swakopmund-kiesafdeling se kiesersrol 2 627 kiesers ryker is.
Dié kiesers het geregistreer om aan die komende tussenverkiesing – wat vir Augustus beplan word – deel te neem.
Die drie dae lange aanvullende registrasieproses het verlede week plaasgevind en volgens die toesighouer van die Swakopmund-kiesafdeling, Amos Nguaiko, is die meeste registrasies in Matutura aangeteken terwyl nie veel mense in die dorp se sentrale woonbuurte geregistreer het nie.
Aanvullende registrasies kon gedoen word deur bestaande kiesers wat hul kieserskaarte verloor het en ’n nuwe kaart benodig; diegene wat 18 geword het en stemgeregtig is; of diegene wat na die Swakopmund-kiesafdeling verhuis het en as kiesers van dié kiesafdeling wil registreer.
“Die meeste van die mense wat nou geregistreer het, was diegene wat hul woonadres verander het,” het Nguaiko gesê.
Die voorlopige syfers toon dat 1 003 kiesers van adres verander het; 911 het vir nuwe kaarte aansoek gedoen; en 713 was nuwe registrasies.
Hoewel daar geen groot probleme by die verskillende registrasiepunte in en om die dorp ondervind is nie, was daar ’n kwessie waar sommige individue ’n duplikaatkieserskaart vir die plaaslike owerheid van Swakopmund wou hê.
Nguaiko het gesê inwoners verstaan nie dat die registrasieproses nie vir die plaaslike owerheidsverkiesing is nie, maar vir ’n tussenverkiesing vir die Erongostreekowerheid, wat die Swakopmund-kiesafdeling en nie die plaaslike owerheid behels nie.
Die kiesersrol sal na verwagting vandeesweek by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor in die dorp en die Swakopmund-kiesafdelingskantoor in Mondesa vertoon word. Nguaiko het verduidelik dit sal inwoners ’n geleentheid gee om die name na te gaan, en indien daar enige dispuut oor die geldigheid van ’n registrasie is, kan ’n klag by die ECN ingedien word.
Ná die kiesersrol geverifieer is, sal twee weke gegee word vir die benoeming en registrasie van politieke partye wat van voorneme is om kandidate vir die pos van Swakopmund-kiesafdelingsraadslid te benoem, wat vakant geraak het nadat Ciske Smith-Howard van die Independent Patriots for Change (IPC) se verteenwoordiging op die Erongostreekraad beëindig is.
Die tussenverkiesings is in ooreenstemming met die Wet op Streekrade, wat bepaal ’n nuwe verteenwoordiger moet binne drie maande verkies word, wat na verwagting middel-Augustus sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie