Usakos benodig beleggers
Kom belê in dié dorp
Usakos is strategies geleë langs die bekende B2-hoofroete, ofte wel die Trans-Kalahari-hoofweg wat Walvisbaai met die res van Suider-Afrika verbind.
Luidens die burgemeester van die dorp, Wilfried Weise, het Usakos genoeg erwe, sand en water wat dit ideaal vir maatskappye maak om hul sakebedrywighede te ontwikkel en te laat groei.
“Beskikbare grond vir sake-ontwikkeling word tussen 8 000 en 10 000 hektaar geskat. Usakos se bevolking staan tans op ongeveer 9 000 inwoners. Sake-ontwikkeling en belegging sal werk skep, ekonomiese groei ’n hupstoot gee, en die maatskaplike opheffing van die gemeenskap verseker en die welstand van ons mense verbeter.”
Mynbedrywighede in die omgewing is besig om toe te neem en ’n groot sonkragprojek – ongeveer 45 km buite Usakos – is pas van stapel gestuur. ’n Toename in potensiële sakekliënte is ook waargeneem wat poog om grond vir ontwikkeling in en om Usakos te bekom.
“Enige sake-ontwikkeling moet gerig wees op werkskepping, hoofsaaklik vir die dorp se mense,” het Weise beklemtoon.
Hy voer aan dat Usakos al vir meer as 50 jaar lank ekonomies verliese ly vanweë Rössing Uranium wat nie geakkommodeer is nie, die sluiting van spoorwegbedrywighede en die ineenstorting van die karakoelbedryf.
“Ander ontwikkeling en nywerhede moet ons pragtige dorp en ekonomie kom ophef. Ons klimaat is gunstig vir onder meer houtskoolverwerkingsaanlegte. Meer as 3 000 passasiersvoertuie en vragmotors ry daagliks deur Usakos. Die fokus moet wees om dié reisigers te lok om te stop en sake in Usakos te doen.”
Die behuisingsaanvraag op die dorp het ’n reusetoename getoon en private inisiatiewe en die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) gaan minstens 500 nuwe huise bou.
“Usakos is ook roesvry en bied die geleentheid vir logistieke doeleindes.
“Vir die kort- tot mediumtermyn benodig Usakos ’n handelsbank om sake-ontwikkeling te onderhou. Ons benodig ook meer inkopie-, klere- en skoenwinkels, ’n messelary, hardeware- en nywerheidsondernemings. Vir die gemeenskap is ’n sakepark vir mikro-, klein- en mediumondernemings ’n vereiste, sowel as sportgeriewe en ’n beroepsopleidingsentrum. Hier moet ons staatmaak op staatsfinansiering en/of ander buitelandse organisasies.”
Weise voer aan Usakos het meer as 100 gestremde inwoners en die meeste van hulle kan iets met die hand maak.
“Deur hulle in ’n sakepark vir mikro-, klein- en mediumondernemings te akkommodeer, kan hulle ’n inkomste verdien. Die beroepsopleidingsentrum moet die jeug en werklose inwoners huisves en toerus met tegniese vaardighede en kennis om industriële uitdagings aan te pak. Sportgeriewe is belangrik vir fisieke sowel as geestelike ontwikkeling, dissipline, leierskap en spanwerk wat noodsaaklik vir toekomstige sukses is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie