Nog twee drenkelinge gevind

Die liggame van nog twee persone wat Woensdag verdrink het tydens die wolkbreuk on die hoofstad, is vandag deur die polisie gevind.

'n Seun wat deur sy familielede uitgeken is as Antonio "Toni" Vries, een van die persone wat dikwels naby die Game-kompleks gesien is, is die derde slagoffers.

Sy liggaam is na die polisie se lykshuis geneem.

Die vierde persoon wat vandag deur die polisie gevind is wat tydens die storm verdrink het, is deur sy naasbestaandes as Terence "Glaai" Garoseb identifiseer.

Hy is in 'n rivierloop langs Moses Garoeb straat deur die span soekers gevind. Hy is na raming tussen 25 en 30 jaar oud.

Dit volg nadat 'n groep van tien ongeïdentifiseerde kinders wat na bewering haweloos is, is Woensdag tussen 17:30 en 18:30 deur die sterk strome wat die swaar reëns in Windhoek meegebring het, meegesleur is.

Hulle was glo in 'n tonnel agter die Game-kompleks. Vier van die kinders is gered, twee word nog steeds vermis word en vier verdrink het.

Gister om 15:00 is die ander twee drenkelinge se lyke ná 'n deeglike soektog deur die Namibiese polisie en stadspolisie in die rivier gevind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!