‘Vreemde mengelmoes van kleure’

Iréne-Mari van der Walt
Duif Keyser se jongste uitstalling, The Odd Ones – wat dié kunstenaar aan Kletskompas se Dani Booysen as ’n “vreemde mengelmoes van beelde” beskryf het – kan tot 2 November by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

Alhoewel Keyser se verskillende weergawes van ’n beeld van ’n vrou, waarvan die oorspronklike een ‘Joy’ gedoop is, vir baie ’n betekenis eie aan hulself aangeneem het, deel Keyser dat hy vroulike ewebeelde ’n uitdaging vind.

“Ek het gewoonlik net mans gemodelleer – spesifiek met ’n bietjie van ’n pens; die tipiese boere-omie-tipe mans – so dit was vir my ’n groot storie om na vroue oor te gaan. . .

“Om ’n vrou te skep wat natuurlik genoeg lyk vir enigiemand om na te kyk en met haar te assosieer was vir my ’n groot trapklip,” sê hy.

Alhoewel The Odd Ones die naam is wat Keyser aan hierdie uitstalling gegee het weens die onsamehangende kunswerke daarin, verduidelik hy dat hierdie versameling werke Namibië en sy mense goed verteenwoordig.

“Elkeen van ons as Namibiërs is ons eie ‘odd one’ met al ons verskillende tale en kulture,” sê hy.

Hierdie uitstalling sien ook die terugkeer van ’n versameling beelde wat hul oorsprong het in ’n nostalgiese kinderrympie wat volgens Keyser die gewig van die verantwoordelikheid uitbeeld wat die mens teenoor sy woonplek dra.

“Dit is natuurlik ’n voorreg, maar dit kan ook ’n las wees om byvoorbeeld maandelikse fooie te betaal,” sê hy.

Keyser verduidelik ook dat akrielskilderye in die uitstalling ook die mens se verantwoordelikheid teenoor sy omgewing uitbeeld deur ’n beeld van ’n ruimtereisiger.

“Ons sien toeriste dikwels as vreemdelinge en die stuk getiteld ‘The Intruder’ beeld uit hoe daar sommige omgewings is waarin ons kan waarneem, maar ook soms kan deelneem – en as jy daaraan dink is die hele aarde soos dit – die mens is eintlik die ‘intruder’ en daarom het ons ’n verantwoordelikheid teenoor ons omgewing om te besef ek is die een met die potensiaal om te kan breek,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!