‘Walking Forward’ gee laaste triomfantlike tree

’n Aanlyn reeks genaamd Walking Forward is in 2020 midde die verwoestende greep van die Covid-pandemie op YouTube bekend gestel.

Die fokus van dié reeks was op die impak van die pandemie op Namibië se kreatiewe sektor en pleks daarvan om ’n hartseer verhaal te vertel, wou dié reeks fokus op die bietjie hoop wat gevind kan word in die manier waarop diegene in die kuns- en kultuurbedryf die uitdaging van 2020 aangepak en die beste van die gegewe geleenthede gemaak het.

In die eerste seisoen van Walking Forward het die kreatiewe entrepreneur Ndinomholo Ndilula met van Namibië se talentvolstes gesels, wat vertel het wat hulle doen om nié deur die wêreldwye pandemie gepootjie te word nie, en hoe hulle die pad vorentoe, na 'n onbekende en opwindende toekoms, sou aanpak.

Daarteenoor was die kollig in seisoen 2 van die webreeks – wat verlede jaar die lig gesien het – op die dapperheid en opoffering van die noodwerkers in die land wat vandag nog ewe hard werk as toe die virus die eerste keer in Namibië kop uitgesteek het.

Nou, na die wêreld en Namibië ’n stormagtige tyd moes navigeer, word die finale episode van Walking Forward eersdaags uitgereik. In dié finale episode reis Ndinomholo verby die hoofstad se grense om ‘n ou woestyn te verken, toegerus met sy kenmerkende nuuskierigheid en ‘n tas vol van sy kuns . Die kreatiewe entrepreneur, geïnspireer om aan te hou om vorentoe te stap, durf die bekende onbekende aan terwyl hy terugkyk na die chaos wat die pandemie gesaai en agtergelaat het.



DIE REGISSEUR, TIM HUEBSCHLE, Sê:

Walking Forward is geskep as ‘n niefiksie-webreeks om die impak van ‘n wêreldwye pandemie op die kuns- en kultuurbedrywe te dokumenteer, asook om verhale van hoop te hoor van gesondheidsorgwerkers en ander wie se lewens deur Covid-19 omvergegooi is. Van die begin af was die sleutelkonsep van Walking Forward oor bronne van inspirasie en alles wat ons nodig gehad het om dit deur die afgelope twee jaar te maak.

Altesaam 10 episodes is oor twee seisoene in Desember 2020 en Junie 2021 gemaak en vrygestel, reg in die middel van die pandemie. Onthou jy die Delta-variant?

Behalwe om hierdie baie egte gesprekke met mense uit alle uithoeke van die samelewing vas te vang, moet ek aanhou doen waarvoor ek lief is, naamlik om rolprente te maak. Dit op sigself is ‘n groot voorreg en ek is dankbaar.

Al blyk dit asof Covid uit die alledaagse lewe in Namibië verdwyn het, moes ‘n laaste Walking Forward-episode gemaak word – die 11de episode: “Walking Forward: So long, my friend”.

Ons word weer toegelaat om te reis en in die finale episode van die reeks, durf ons die oeroue Namibwoestyn aan waar ons kreatiewe entrepreneur Ndinomholo sal doen waarvoor hy lief is, naamlik om sy kuns uit te stal en uit vind hoe ‘n toerisme-onderneming deur die tye van reisbeperkings oorleef het.

Ek wou die reis van Walking Forward afrond deur ‘n paar van die pêrels van wysheid wat sedert die eerste episode vasgevang is, te weer te besoek. Behalwe om terug te kyk, bied die laaste episode nog ‘n perspektief, naamlik waarheen ons van hier af gaan. Wel, ons weet nie regtig nie, doen ons? En dit op sigself is ‘n goeie ding, want as iets sedert Maart 2020 ons sou bybly, is dit beslis dat dinge so vinnig kan verander, dit is die beste om net aanpasbaar te bly.



DIE AANBIEDER, NDINOMHOLO, Sê:

Ons het hierdie webreeks begin om nie net die kykers nie, maar ook onsself te motiveer. Ek het, en het steeds, die motivering nodig gehad wat Walking Forward aanwakker in terme van veerkragtigheid, hoop en die gees van ubuntu. Die pandemie het my verhouding met ruimte verander, wat vereis het dat ek meer teenwoordig en oplettend moes wees, en het die idee uitgedaag van hoe ek myself professioneel definieer – wat my gehelp het om my vaardighede uit te brei vir wat ook al ek moes doen.

Om hierdie ervaring af te sluit is ‘n bevredigende gevoel. Ek glo die kombinasie van Antonius se visuele oog, Tim se dokumentêre aanvoeling en my yl verbloemde vrees op die skerm het inhoud opgelewer wat die onsekerheid van die oomblik uitgelig het, asook Namibiërs se vasberadenheid om hul koppe op te tel en vorentoe te kyk.

Die pandemie het my laat twyfel oor my relevansie as ‘n storieverteller. Dit het my genoop om te herevalueer vir wie ek stories vertel, watter stories ek wil en moet deel, en die veranderende tye het my aangespoor om te eksperimenteer met nuwe en verskillende maniere om stories te deel.

Die Walking Forward-webreeks was ’n transformatiewe ervaring wat my aan die gang gehou het en een wat ek nooit sal vergeet nie.



GASTE WAT IN DIE REEKS VERSKYN:

Jonathan Nangombe (toergids)

Stephan Brückner (besturende direkteur by Wolwedans)

Cecilijah Nghidengwa (gelukskoördineerder by Wolwedans)

Jackson Wahengo (musikant)

Denver Kisting (joernalis)

Adriano Visagie (akteur)

Kulan Ganes (rolverdelingsagent)

Lize Ehlers (musikant)



FILMSPAN:

Regie deur Tim Huebschle

Geskep deur Tim Huebschle, Ndinomholo Ndilula en David Benade

Geskryf deur Tim Huebschle en Ndinomholo Ndilula

Vervaardig deur Collective Productions

Kinematografie deur Antonius Tsuob

Musiekkomposisie deur Vaughn Ahrens

Kleurgradering deur Haiko Boldt

Klank-postproduksie deur David Benade



“Walking Forward: So long, my friend” sal mettertyd op YouTube beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!