’n Intieme blik op Kaokoland se klipmanne
Jacqui Tarr en Jason Nott se uitstalling The Stonemen – Flint and Friends in Kaokoland kan tot 14 Desember by die Bellhaus Atelier & Galerie in die hoofstad besigtig word.
Dié uitstalling is Dinsdag saam met Ron Swilling se nuwe boek met dieselfde titel bekend gestel.
Die uitstalling, ’n mengsel van Tarr se werke in houtskool, akriel en conté, is volgens Bellhaus die “lewenskrag van die eensame klipmanne wat teen die uitgestrekte woestyn staan”.
Nott, ’n selfopgeleide fotograaf met ’n passie vir omgewingsbewaring, se fotografie van die klipmanne in die Kaokoland vang weer die onafgeronde landskap van dié omgewing en die stille teenwoordigheid van die klipmanne vas. Nott se werke is geanker in sy familie se nalatenskap in bewaring en sy liefde vir die natuur.
“Deur sy lens verander Jason lig en komposisie in tydlose narratiewe, wat mense ’n intieme ontmoeting met Namibië se noordweste bied.
“Sy emosionele foto’s vertel stories van die land, die beeldhouwerke en die verband tussen die mensdom en die aarde,” sê Bellhaus op sy webblad.
Die ontmoeting van Tarr se kunswerke en Nott se fotografie bied ’n blik op die simbiotiese verhouding tussen kuns, die mensdom en die natuurlike wêreld.
“Jacquie se betekenisvolle lyne en Jason se evokatiewe beelde dompel ons in die rou skoonheid en diepgaande verhale van Kaokoland.
“Terwyl jy deur hierdie uitstalling reis, herinner die kuns jou aan die veerkragtigheid van die natuur, die onderlinge verbondenheid van lewe en die kunstenaarskap wat in beide menslike skeppings en die natuurlike wêreld gevind word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie