’n Kuieraand met Pietman Geldenhuys

Yandi Du Plessis
Sluit op Saterdag 23 September aan by Netwerk se kuieraand met Pietman Geldenhuys as die gaskunstenaar.

Hy kom vermaak gaste by The Village Garden in Liliencronstraat, waar kos- en drankstalletjies gaan sorg vir ’n markatmosfeer onder die bome.

Pietman is bekend as ’n musikant, sanger, liedjieskrywer, komediant, storieverteller en akteur.

Hy is reeds vir jare die mede-aanbieder van OppieStoep op kykNET, het al as gaskunstenaar opgetree op TV-programme soos Noot vir Noot, Musiek Roulette, Pitstop, Roer, Mystic Trio, Toks en Tjops en Jou Show. Van die liedjies wat hy geskryf het, is opgeneem deur Bok van Blerk, Andries Vermeulen, Wicus van der Merwe en Hugo. Pietman was die eerste Suid-Afrikaanse komediant wat in die Hammersmith Apollo in Londen opgetree het. Hy het ook in rolprente en produksies soos Die Rebellie van Lafras Verwey, Renier (Grootlieg) de Winnaar en Boer en Skot saam met Bok van Blerk en Ricus Nel.

Danksy sy uitstekende weergawe van die Skotse lied “Flower of Scotland” staan hy ook bekend as Pietman die Skot. Tydens sy vertoning kom die Skot ook met Afrikaanse liedjies te voorskyn. Hy laat gehore skaterlag met sy stories, en die manier waarop hy ou bekendes soos Tolla van der Merwe en Nico Nel naboots. Sy vertonings is nooit vervelig nie, aangesien hy sy aanbiedings aanpas by die gehoor en op sy voete kan dink.

Bring jou vriende en kom lag en kuier lekker saam op 23 September vanaf 18:00. Kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels teen N$250 elk. Kontak [email protected] vir enige navrae.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!