Aandag alle aspirant-komediante
Oudisies vir Alien Art Studios en Savanna se So You Think You’re a Comedian-geleentheid begin vandag in groot dorpe in al 14 streke van die land en sal tot 26 Oktober duur.
Dié geleentheid is ’n nasionale talentsoektog wat daarop gemik is om ontluikende komediante blootstelling te gee.
Die room van Namibiese komedie sal dan op Saterdag 2 November in Windhoek te sien wees en die komedietoekennings word in Desember aangebied.
“Ons is opgewonde om saam met Savanna te werk om hierdie unieke komediestryd na Namibië te bring,” het Alien Art Studios se uitvoerende hoof, Mitch Gaoseb, gesê.
Die kompetisie het ten doel om komediante van oraloor die land te ontdek wat gaan meeding om die titel van Namibië se snaaksste komediant.
Die wenner sal ’n kontantprys van N$50 000 ontvang en die geleentheid kry om die Namibian Comedy Club-reeks se eerste vertoning in Februarie 2025 te open.
Oudisies sal in Windhoek, Rundu, Swakopmund, Ongwediva, Tsumeb, Nkurenkuru, Mariental, Keetmanshoop, Walvisbaai, Katima Mulilo, Opuwo, Outapi en Eenhana gehou word.
Aspirant-komediante word aangemoedig om via https://www.namibia-breweries-limited.com/savannasytyc te registreer en hul talente by die naaste oudisielokaal ten toon te stel.
Finaliste sal op Saterdag 2 November aan die Komediefees in Windhoek deelneem, waar vier komediante gekies sal word vir die Savanna So You Think You’re a Comedian (SSYTYC) Champion-kategorie by die jaarlikse Savanna Komedie-toekennings (SANCA’s).
Die publiek kry dan die kans om vir hul gunsteling te stem, wat by SANCA se galadinee aangekondig sal word.
“Ons kan nie wag om die volgende groot naam in Namibiese komedie te ontdek en hul talent met die nasie te deel nie. Ons moedig alle aspirant-komediante aan om hul vaardighede op die verhoog ten toon te stel,” het Gaoseb bygevoeg.
Slegs deelnemers ouer as 18 op die datum van inskrywing kwalifiseer om deel te neem.
Belangstellendes word aangeraai om die veldtog se webwerf te besoek vir verdere besonderhede oor prestasieriglyne en bepalings en voorwaardes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie