Foto Facebook
Foto Facebook

Akwatiese lewe, hulpbronne inspireer kuns

Yandi Du Plessis
Sluit op 30 Junie aan by die opening van die uitstalling “The fish that sees its water is getting shallow cannot be stranded” by The Project Room in die hoofstad.

Die uitstalling word saamgestel deur die bekende Namibiese skrywer en kunstenaar Nashilongweshipwe Mushaandja en sal die werke van 16 gevierde plaaslike kunstenaars vertoon. Die uitstalling spruit vanuit ’n waarneming van die herhaling van die motief van visse en in kontemporêre Namibiese kuns.

Hierdie uitstalling is ’n versameling van afdrukke, fotografie, gemengde media, installasies, musiek, opvoerings, dokumentasie van vorige kunswerke en literatuur wat verband hou met die politieke en sosioëkonomiese gebruike van oseane, riviere, reservoirs, fonteine, mere en grondwater. Kunstenaars wie se werk deel vorm van die uitstalling sluit in Elia Shiwohamba, Veronique Mensah, Ishmael Shivute, Barbara Bohlke, Peter Mwahalukange, Gift Uzera, Muningandu Hoveka, Joanne Sitler, Diolini, Hercules Viljoen, Tuli Mekondjo, Kay Cowley, Julia Hango, Shomwatala Shivute, Jo Rogge en Samuel Mgilo.

Die uitstalling duur tot Saterdag 15 Julie en almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!