No Image Caption

Arno Carstens stel nuwe EP bekend

Die bekroonde Suid-Afrikaanse sanger Arno Carstens se langverwagte Afrikaanse vyfsnit-EP, Sewe sakke hoop, is pas uitgereik.

Carstens is bekend vir sy emosiebelaaide en dinamiese musiek en met die nuwe EP bou hy voort om kragte te bly smee met sy diep Afrikaanse wortels.

Die eerste enkelsnit “Hoe gaan dit” is reeds vroeër vanjaar vrygestel. ’n Persoonlike vriend wat oorsee is, het Carstens geïnspireer om hierdie besonderse liedjie te skryf.

“Hoe gaan dit” delf in die rou emosies en leemtes wat gelaat word deur vriende wat geëmigreer het, terwyl die tweede enkelsnit, “Nagblind”, die kompleksiteit ondersoek van persepsies en die menslike neiging om ten spyte van teenkanting en probleme altyd hoopvol te bly.

Die liedjies op Sewe Sakke Hoop besin tematies oor die globale impak op plaaslike kulture en persoonlike identiteite, en bied musiek as ’n verenigende en vertroostende teenwoordigheid.

Carstens sê Sewe Sakke Hoop is gebore uit ’n onstuimige agtergrond van globale en plaaslike veranderinge. Dit is ’n baken van solidariteit, wat ons daaraan herinner dat hoop te midde van die kakofonie die universele taal bly wat vertroosting en begrip bied.

Kyk na “Nagblind” se video hier: https://youtu.be/zpJMcU_yAGQ

Kyk na “Hoe Gaan Dit” se video hier: https://www.youtube.com/watch?v=YjbDH6xIxwk

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!