Astrofisika onder die loep by Wetenskaplike Vereniging
Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bied op Donderdag 22 Augustus ’n praatjie aan deur Sera Markoff, ’n professor van astrofisika aan die Universiteit van Amsterdam.
Sy is ’n stigterslid van die Event Horizon Telescope Collaboration (EHTC) en sy Wetenskapraad, waar sy tot onlangs as ondervoorsitter gedien het. Sy is ook 'n lid van die volgende generasie Cherenkov Telescope Array Consortium, wat voortbou op die fondament van HESS-fasiliteit in Namibië.
Haar praatjie sal handel oor swartgate en die jongste inligting in dié verband. Sy sal ook die sleuteluitbreidingsprojek van die EHT deur ’n nuwe aanleg in Namibië, die Africa Millimeter Telescope (AMT), onder die loep neem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie