ATKV-Crescendo wink vir Namibië

Plaaslike kletsrymer soek nuwe talent
'n Plaaslike musikant is voortaan op soek na die room van plaaslike ontluikende musici vir die ATKV-Crescendo-kompetisie.
Iréne-Mari van der Walt
Die kletsrymer van Walvisbaai, Ixa, gaan voortaan sy talente aan die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) verleen as talentsoeker vir dié organisasie se Crescendo-kompetisie.

“Dit voel regtig asof al my harde werk al die jare nie in vain was nie. Hierdie is ’n baie groot eer vir my en my mense wat my al die jare ondersteun het,” sê Ixa.

“In Suid-Afrika het ons verskillende locations wat vir ons talent soek. In Namibië het ons Ixa, ’n bekende kletsrymer. Hy gaan ons ambassadeur wees dan kan belangstellendes hom kontak,” sê Selby Williams, ’n verteenwoordiger van ATKV-Crescendo wat Namibië verlede week besoek het.

Selby het ook in 2022 aan ATKV-Crescendo deelgeneem en was daardie jaar een van die top-10-finaliste. Hy het dieselfde jaar sy eerste oorspronklike enkelsnit “Verewig en Nou” geskryf.

Hy sê ATKV-Crescendo beplan tans om twee werkwinkels in Namibië vir ontluikende talente aan te bied. Oudisies sal dan ook gehou word waaruit drie musikante gekies sal word om aan ATKV-Crescendo deel te neem.

Selby onthou dat sy liefde vir Namibië ook uit sy liefde vir die kunste ontstaan het.

“Ek dink ek het ’n paar jaar gelede op Namibië verlief geraak. Ek het saam met ’n organisasie vir gemeenskapsontwikkeling hierheen gekom en ons het ’n produksie opgevoer. Toe ek huis toe wou gaan, het die kinders vir my gevra: ‘Meneer, wil meneer nie bly nie?’ Toe sak my hart tot binne-in my sak,” vertel hy.

Hy sê plaaslike kunstenaars moet daarna streef om saam te werk.

“Ek glo ons het mekaar nodig. Ek dink nie ons kan ‘lone rangers’ wees nie. Ja, jy kan probeer om jou eie ding te doen, maar ons het iemand nodig om die knoppie te druk wat jou begin opneem,” sê hy.

Ixa meen dissipline onder plaaslike kunstenaars is wat kortkom.

“Die groot leemte is die gebrek aan dissipline onder ons kunstenaars. Al is ons entertainers, beteken dit nie ons moet die ‘life of the party’ wees nie. As meer van ons net kan besef dat jy jou skills as werk moet sien, sal baie meer van ons verder in die bedryf kan kom,” sê hy.

Meer inligting oor die Crescendo-kompetisie is by www.Crescendo.org beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!