'Bearings' eersdaags by Nasionale Kunsgalery
Die skilder Nicky Marais se uitstalling, Bearings, open volgende Donderdag by die Nasionale Kunsgalery om 18:00, met die dramaturg en multidissiplinêre kunstenaar Ndinomholo Ndilula wat ’n toespraak by die opening sal lewer.
Marais sal ook op Saterdag 8 Junie ’n geleentheid vir kunsliefhebbers aanbied om uit te brei oor die kunsproses wat sy volg en die werke wat deel van die uitstalling vorm
Die uitstalling is geïnspireer deur Marais se verhuising na Oranjemund vroeg in 2023 en hoe sy haar voete in haar nuwe omgewing moes vind. Sy het in Windhoek gewoon en gewerk as beeldhouer en projekkoördineerder vir kunsaktiwiteite tot 2023 toe sy haar ateljee na Oranjemund verskuif het.
Hier verken en skilder sy die verhouding tussen mense en die aarde. Sy was tot haar aftrede in 2019 aan die stuur van die departement van visuele kunste by die Kollege van die Kunste in Windhoek. Sy was ook verantwoordelik vir die akkreditasie van nuwe kursusse en sillabusse.
Sy is intussen aangestel as ’n eksterne eksaminator vir beide die Kollege van die Kunste en Cosdef se kuns- en handvlytsentrum in Swakopmund.
Sy werk ook as ’n konsultant vir Art can Transform – ’n projek van OMDis op Oranjemund. Sy was ook instrumenteel in die oprigting van die kunssentrum op Oranjemund.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie