Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Bederf jou Valentyn met dié smullekker koekies

Iréne-Mari van der Walt
Met Valentynsdag om die draai is dit beslis nou die tyd om te dink aan al die bederfies wat jy op Valentynsdag met jou tortelduifie wil deel. Vir diegene wat nie veel weet van jus, roux of flambé nie, kan hierdie maklike koekieresep net die regte manier wees om jou Valentynsdag te versoet.



BESTANDDELE:

• 1 koppie suiker

• 1 koppie grondboontjiebotter

• 1 eier

• 1 opgehoopte teelepel kakaopoeier

• ’n halwe knippie sout



METODE:

1. Voorverhit oond tot 180 °C.

2. Meng bestanddele deeglik saam.

3. Rol die deeg in balletjies van omtrent 2 cm in deursnee en druk dit op ’n oondplaat met ’n vurk plat.

4. Bak vir 12 tot 15 minute en laat die koekies dan vir 5 minute afkoel voor hulle van die oondplaat verwyder word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!