Beeldhouer besin oor sosiale kringe
Die beeldhouer Ismael Shivute se solo-uitstalling, I Keep My Circle Small, open op 25 Oktober by Fresh ‘n Wild at Utopia in Klein-Windhoek.
Ismael, wat in die verlede dikwels met gemengde media soos metaal en organiese materiale gewerk het, het die afgelope twee jaar op die wêreldwye pandemie gereageer deur weer van seepsteen as kunsmedium gebruik te maak. Die seepsteen, wat van steengroewe aan die buitewyke van Windhoek af kom, bied volgens die kunstenaar die regte balans van weerstand en buigsaamheid. Ismael sê hy voel dat elke klip sy ideale vorm aan hom “voorstel” gedurende sy skeppingsproses.
Die beelde wat hy oor die afgelope twee jaar geskep het, bestaan hoofsaaklik uit abstrakte vorms. Ismael gebruik sirkels as tema in hierdie uitstalling, beide letterlik en figuurlik, en elke kunswerk het dus ‘n variasie van ’n sirkel daarin, sowel as ander verskillende vorms en teksture. Die kunstenaar wou filosofiese beeldhouwerke skep wat gevoelens van harmonie en kalmte in die gesig van uitdagings beliggaam. Die idee agter die tema van “I Keep My Circle Small” hou direk verband met die kunstenaar se ervarings van sosiale kringe.
“As mense – of jy nou daarvan hou of nie – gaan ons deur ’n tyd gaan waar ons vriendekringe met die jare kleiner sal word. Sommige van ons besef nie dat ons sekere vriendskappe moet afstaan om in die lewe te groei nie. En of jy nou suksesvol is of nie, hoe kleiner jou kring, oor hoe minder mense sal jy hoef te bekommer. Jy het nie ’n groot sirkel nodig nie, want jy sal nooit weet wie ’n gat in jou boot boor nie,” verduidelik Ismael.
WIE IS HY?
Ismael het beeldende kuns in die visuele kunste-departement aan die Kollege van die Kunste (Cota) studeer.
Die beeldhouer het aan talle plaaslike en internasionale groepuitstallings deelgeneem, en het in 2016 ‘n solo-uitstalling by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) gehad.
Sy gemengde media-kunswerke is geïnspireer deur sy omgewing, en hy werk dikwels met gevonde of herwonne materiaal uit die gebied waar hy woon.
Hy vertel: “As kunstenaar word ek net geïnspireer deur my omgewing, herwonne of gebruikte materiaal en die gevoel van goed wat met die hand gemaak is . . . Ek voel dat my kuns 'n unieke Namibiese identiteit weerspieël, sowel as my eie identiteit as 'n jong kunstenaar wat sukkel om ‘n bestaan te maak.”
Sy werk is uitgestal as deel van StArt Art-galery se uitstalling “Being Here” in 2017. Hy was ook deel van die duo wie se werk uitgestal is in “Side by Side”, wat saamgestel is deur StArt Art en in 2018 by die Goethe-Institut in Windhoek aangebied is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie