Biltong: Hoe kies jy reg?
Daar is niks so lekker soos ’n lekker stukkie biltong nie, maar wanneer jy biltong koop moet jy reg koop.
Anders eet jy dalk net senings en nie smullekker biltong nie
Volgens Dries Schlechter van Eros Meat Market in die hoofstad is die grootste verskil tussen wilds- en beesbiltong die vetinhoud.
Schlechter sê biltongliefhebbers kyk gewoonlik na die kleur van die vet.
“Meeste mense verkies biltong met geelvet. Geelvet beteken hoofsaaklik dat die dier ouer was,” sê hy.
Hy glo ook die manier waarop Namibiërs boer ’n groot verskil in die smaak van die vleis maak en die uiteindelike smaak van die biltong.
“Namibiërs is bekend vir hul wild en boerdery. Ons diere word in die algemeen nie in veekrale grootgemaak nie, maar in ’n meer natuurlike omgewing. Die vleis van ’n dier wat mak grootgemaak is, is dan nie dieselfde as ’n dier wat in die veld loop nie,” sê hy.
Schlechter glo dat diegene wat hul figuur probeer dophou of net nie groot aanhangers van vetterige vleis is nie, se gunsteling is gewoonlik wildsbiltong.
“Wildsbiltong het ’n lae vetinhoud – elandbiltong het miskien ’n bietjie vet, maar beesbiltong bly steeds die gewildste," sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie