Biltongfees het vleis om die lyf
Die immergewilde Biltongfees is terug nadat dit die afgelope twee jaar weens die Covid-pandemie nie kon plaasvind nie. Die fees, 'n projek wat deur die Nederduitsch Hervormde Kerk in Windhoek aangebied word, vind op 30 Julie – ’n Saterdag – in die hoofstad plaas.
Dit word weer eens by die Trustco United-sportgronde aangebied, en die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Leah en Franja du Plessis, asook die vleispaleis-trio Jan Jan Jan, sal op die verhoog te sien wees.
Afgesien van stalletjies met hope smullekker biltong en ander vleissnitte, sal feesgangers ook vermaak word deur die Mej. Biltongfees-kompetisie, ’n boerboelskou en die Dignity-pretdraf en Crossfit-kompetisie vir die fiksheidsentoesiaste.
Kaartjies is nou beskikbaar so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na.
Daar sal iets vir ‘n ieder en ’n elk wees en dié jaarlikse gebeurtenis beloof weer ’n opwindende dag vir die hele gesin, met die bonus van huis toe gaan met sakke vol biltong.
Hou ons sosialemediaplatforms dop vir meer inligting!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie