Naomi Hanse Murorua van die Typoprint-drukkershuis oorhandig eksemplare van Times and Life of Vekuii Rukoro aan die skrywers Vitura Kavari en dr. Rukee Tjingaete. Foto verskaf
Naomi Hanse Murorua van die Typoprint-drukkershuis oorhandig eksemplare van Times and Life of Vekuii Rukoro aan die skrywers Vitura Kavari en dr. Rukee Tjingaete. Foto verskaf

Boek bied ’n blik op die lewe van Vekuii Rukoro

Yandi Du Plessis
The Times and Life of Vekuii Rukoro, ’n boek oor die geboorte, kinderjare, gesin, onderwys, politieke aktivisme, staatsdiens en uiteindelik, tot sy ontydige heengaan na sy tyd as opperhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA), het onlangs die lig gesien en sal binnekort op die rakke van menige boekwinkels beskikbaar wees.

Rukoro is op 18 Junie 2021 dood weens Covid-19-komplikasies – sewe jaar nadat hy die Ovaherero-opperhoof geword het. Oor dié jare was hy ’n aktiewe en kompromislose kampvegter vir kwessies rakende, volksmoord, herstel van verhoudings en reparasies.

Die boek verskyn uit die penne van dr. Rukee Tjingaete en Vitura Kavari, self alumni van Rukoro se alma mater, die St Joseph-skool by Döbra buite Windhoek. Hulle het sy lewensverhaal neergepen sodat selfs plaaslike lesers wat nooit die geleentheid gehad het om Rukoro persoonlik te ontmoet of leer ken nie, ’n blik op sy “ryk maar kort tyd op moeder aarde kan kry”.

“Daar is geen manier hoe die ryk dog kort lewe van wyle advokaat Vekuii Rukoro met reg in die 265 bladsye van die boek saamgevat kan word nie. Want sy 12 kinders, op sigself, sonder twyfel, het elkeen ’n aangrypende, fassinerende en boeiende verhaal van hulle eie oor hul geliefde pa. Die boek is dus op ’n manier verkeerd getitel en moes behoorlik getiteld gewees het: An Introduction To The Times And Life Of Vekuii Rukoro,” lui ’n onlangse mediaverklaring oor dié biografie.

Die boek bestaan uit nege hoofstukke, met die eerste twee wat dien as ’n inleiding en ’n blik op sy grootwordjare. Hoofstuk drie handel oor sy politieke betrokkenheid wat terugdateer na sy vroeë politieke blootstelling voor onafhanklikwording tot onafhanklikwording en na sy bedanking by Swanu om by Swapo aan te sluit.

In hoofstuk vier leer die leser Rukoro as gesinsman ken, terwyl hy in die vyfde hoofstuk vanaf die politieke lewe migreer om die sakewêreld aan te durf voordat hy in die tradisionele domein beland. Hoofstuk ses fokus op sy rol as opperhoof van die OTA.

Hoofstuk sewe word spesifiek gewy aan sy noue betrokkenheid by die volksmoordbeweging oor ’n tydperk van sewe jaar voor sy “terugkeer na die voorvaders”.

Die datum van die boek se amptelike bekendstelling sal mettertyd aangekondig word, maar dit is intussen teen N$300 beskikbaar by die skrywers self.

Tjingaete is ’n professionele skrywer en mediaspesialis met ’n doktorsgraad van die Michigan State-universiteit in die VSA.

Kavari het ’n internasionale diploma in joernalistiek aan die Darlington-kollege in Durham, Engeland, verwerf en in 1987 met ’n BA-honneursgraad in politieke teorie en instellings aan die Sheffield-universiteit gegradueer.

Die boek is nou beskikbaar by Vitura Kavari by 081 303 4209 of [email protected] en Raandjua Kandando by 081 771 6621 of [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!