Foto Facebook
Foto Facebook

Boek oor 'kunsverhale' van plaaslike geskiedenis

Yandi Du Plessis
Mense wat in rotskuns belangstel, vra dikwels dieselfde drie vrae: Hoe oud is dit? Wie het dit geskep? Wat was die doel daarvan?

Die argeoloog Peter Breunig het die rotskuns van AiAiba (Anibib-plaas) in die Erongoberge, een van die rykste rotskunsgebiede van Namibië, ondersoek.

Sy boek hieroor getiteld Painted Stories: A Guide to the Rock Art of AiAiba, word op 18 Julie by die Namibië Wetenskapvereniging bekend gestel.

In Painted Stories ondersoek Breunig daardie rotsskilderye noukeurig en gebruik dit as ’n voorbeeld van dié prehistoriese skatkis wat ons meer kan vertel van Namibië se antieke jagters en versamelaars. Terwyl die bekende argeoloog Henri Breuil in die middel van die 20ste eeu 344 tekeninge getel het, maak Breunig, met behulp van moderne digitale metodes, die onsigbare sigbaar en het 4 914 tekeninge op 208 terreine opgeteken, 14 keer die getal wat in Breuil se dag bekend was. Bogenoemde drie vrae geniet aandag in die boek en dit gee waardevolle insig in die wêreld van Namibië se prehistoriese volke op ’n fassinerende lesersvriendelike manier.

Hierdie boek is uiters belangrik en waardevol omdat, soos Breunig skryf, “daar ’n eenvoudige rede is vir dringendheid in rotskunsnavorsing. Rotskuns word blootgestel aan natuurlike en menslike invloede wat onverbiddelik tot die verdwyning daarvan lei. In baie gevalle op AiAiba is die kuns reeds so verbleik dat dit skaars met die blote oog waargeneem kan word. Vir nou kan hulle steeds met behulp van digitale tegnologie herwin word. Maar ook hier sal ons uiteindelik ’n punt bereik waarby hulle vir altyd verlore is.”

Die vele foto’s, digitale tekeninge en beskrywings in hierdie boek sal die rotsskilderye vir geslagte lank bewaar.

Die boek sal by die bekendstellingsgeleentheid teen ’n spesiale prys beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!