So het 2020 se finaliste gelyk. Foto argief
So het 2020 se finaliste gelyk. Foto argief

Bruidspare straal weer by ekspo

Gerine Hoff
Met fantastiese pryse op die spel en die kans om weg te stap as die wenners van Republikein se bruidspaar van die jaar, wag die 12 finalis-pare vir vanjaar se geleentheid in spanning vir die finale rondte wat op Saterdag 5 November by die Toerisme Ekspo (TE) plaasvind.

Te oordeel aan die duisende SMS'e wat die koerant ontvang het om die top-12 te bepaal, beloof die eindstryd wat om 11:00 plaasvind, om weer groot opwinding te lewer.

Dit het egter maande se voorbereiding gekos om te kom waar die finaliste nou is.

Elke paartjie wat ingeskryf het, moes troufoto's instuur asook die romantiese verhaal van hoe hulle ontmoet het, hul troudag en planne vir die toekoms. Ná 'n keuringsproses, is 30 semifinaliste gekies uit die 219 inskrywings wat ontvang is. Voorwaar geen maklike taak nie!

’n Selfs groter verantwoordelikheid het op lesers se skouers gerus, want hulle het bepaal watter paartjies deel van die finaliste sou wees.

En nou het die paartjies die kans om hulself aan die publiek voor te stel en om teen mekaar mee te ding vir hul deel van die pryse.

Om die paartjies in aksie en geklee in hul troudrag te sien, kan besoekers aan die TE op die uitkyk wees vir die deelnemende paartjies.

Alhoewel hulle nie die aap uit die mou wil laat met betrekking tot wat by die finaal verwag kan word nie, sê die organiseerders wel dit gaan kleurvol wees!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!