Só het die eerste CML-tak gelyk met sy opening. Foto verskaf
Só het die eerste CML-tak gelyk met sy opening. Foto verskaf

CML vier ’n halfeeu

Iréne-Mari van der Walt
Die Christelike Mobiele Lektuur (CML) vier vandag sy 50ste bestaansjaar.

Dié Christelike boekwinkelketting het sy eerste winkel op 15 November in die hartjie van Windhoek geopen en het sedertdien nog vyf winkels in ander dele van die land gevestig.

Stoffel McLoud het destyds gevoel daar is ’n behoefte aan goeie Christelike literatuur in Namibië en daarna is ’n voertuig geskenk wat met boekrakke, ’n platespeler en ’n ekstra brandstoftenk toegerus is.

Dié voertuig het bekend gestaan as “Die Boekkamer op Wiele” en is deur vriende van McLoud na Swakopmund, Hentiesbaai en ander dele van die land geneem waar hulle boeke op straat verkoop het.

Die destydse Sendinghuis is later as verspreidingspunt ingerig en uiteindelik is die eerste CML-tak in Windhoek geopen met Cecilia Badenhorst as sy bestuurder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer