Coral stel op 70 ’n boek bekend
Nadat Coral van der Plas op 65-jarige ouderdom onderneem het om haarself te leer om haar artistieke sy met waterverf te sus, stel sy eerskomende Saterdag op 70 ’n boek bekend wat met haar kunswerke dieper in die geskiedenis van Swakopmund delf.
“Ek is nogal verbaas. Ek het nooit voorgeneem om ’n boek uit te gee nie,” sê sy oor die boek Swakopmund – Those were the days.
Coral het met akriel- en waterverfwerke aan verskeie plaaslike kunsuitstallings in Swakopmund deelgeneem voordat sy begin sketse teken het.
Toe Peter Reiner, die eienaar van Die Muschel en die Swakopmunder Buchhandlung aan haar voorgestel het dat sy vir hierdie boek moet skets, was dit vir haar belangrik dat haar unieke styl deel van die finale produk word.
“My styl is nogal uniek – ek kan nie ’n reguit lyn trek nie. Dit was vir my belangrik dat humor deel hiervan is. Dit is werke van my verbeelding gebaseer op geskiedenis,” sê sy.
Sy sê haar redakteurs Sandiee Fitchat en Gudrun Behrens het nie net vir haar plesier in die proses verskaf nie, maar dat hulle ook op ’n ongekende wyse bygedra het tot die finale weergawe van die boek.
“Ek is baie tevrede met hoe dit uitgedraai het. Ons het lewe, animasie en humor in die ou geboue van Swakopmund geblaas,” sê sy.
Coral sê die navorsing van die geskiedenis van Swakopmund was soms eentonig, maar deel dat haar groep en die span by die Sam Cohen-verwysingsbiblioteek op Swakopmund die proses vreugdevol gemaak het.
“Ek is opgewonde dat mense dit sien – baie mense stap net verby sonder om van die detail te weet. Die Woermannhaus het byvoorbeeld uitstekende teëlwerk. Ek hoop dit laat mense besef wat hulle mis,” sê sy.
Coral sê sy het nog altyd ’n kunstige sy gehad en wou nog altyd leer om met waterverf te werk, maar kon nooit die tyd daarvoor kry nie.
Toe haar suster vir haar waterverf, ’n kwas en ’n boek oor waterverf gee, het sy onderneem om die bul uiteindelik by die horings te pak.
“Ek het met die moeilikste medium begin omdat ek besef het ek het seker nie tyd om deur die ander te gaan nie,” skerts sy.
Sy het wel ’n paar abstrakte akrielwerke, haar enigste akrielstukke, by ’n kunsuitstalling op Swakopmund ingeskryf en tot haar verbasing by die opening van die uitstalling gevind dat haar werk onderstebo uitgestal is.
“Ek moes die mense vra om asseblief my skildery regop te draai – dit was inderdaad bome,” het sy laggend gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie