'Cutting the Line' ryg pryse in

Francoise Steynberg
Internasionale toekennings stroom steeds in vir die dokumentêre rolprent, Cutting The Line, wat die impak van plastiekbesoedeling in oseane takel.

Dit vertel die verhaal van hoe vislyne en plastiekvullis robbe langs die Namibiese kus beseer en hul lewens eis, maar dit fokus ook op die uitstekende bewaringswerk van Ocean Conservation Namibia (OCN) onder leiding van Naude Dreyer.

Vir 2024 is Cutting the Line aangewys as die beste wildlewe/natuur-dokumentêre rolprent by die Nature Without Borders Internasionale Filmfees, dit was ’n finalis as die beste vollengte dokumentêre rolprent by die Praag Filmfees, en dit het ook eerbare vermelding op die Around Internasionale Filmtoekennings in Amsterdam gekry.

By die Sydney Wêreldfees 2023-’24 is dit ook bekroon as die beste vollengte dokumentêre rolprent

Dit het dieselfde toekenning ontvang in 2023 by die Berlyn Internasionale Kunsfilmfees, Boston Onafhanklike Filmtoekennings, Milan Filmtoekennings en La Paz Internasionale Filmfees.

By die Portoviejo Filmfees is dit in 2023 aangewys as die beste internasionale dokumentêre vollengte rolprent en as die beste wildlewe- en beste omgewingsdokumentêre rolprent by die Documentaries Without Borders Internasional Filmfees 2023.

Die rolprent is amptelik gekies om in 2023 in rolprentteaters te draai by die Oos-Europa Internasionale Filmtoekennings, Hollywood Discovery-toekennings, Los Angeles Onafhanklike Filmkanaalfees, LA Indies, LA Sun Filmfees en die Wildlewebewaring Filmfees.

Die rolprent is vervaardig deur Now Now Media en Plastic Oceans International in samewerking met OCN. Die Namibiese sanger, Sagarias Tsam, was verantwoordelik vir die oorspronklike musiek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!