'Der Vermessene Mensch' open deur vir belangrike gesprekke
Die langverwagte rolprent Der Vermessene Mensch met die Duitse akteur Leonard Scheicher en Namibië se Girley Jazama in die hoofrolle, het onlangs sy debuut op Namibiese skerms gemaak The Silent Revolution se Lars Kraume het weer eens in die regisseurstoel gesit met hierdie film.
Hierdie is die tweede keer wat Scheicher en Kraume kragte saamspan nadat Scheicher ook die hoofrol in The Silent Revolution vertolk het.
Der Vermessene Mensch volg die jong Duiste etnoloog Alexander Hoffmann (Scheicher) en sy ontmoetings met Kezia Kambazembi (Jazama). Charles Darwin se rasseteorie het in die laat 19de eeu - die tydperk waarin die film afspeel - 'n invloedryke rol in die etnologiese veld, en dus Hoffmann se studies, gespeel.
Toe Hoffmann en Kambazembi se paaie kruis, juis sodat Hoffmann studies kan uitvoer om Darwin se teorieë te beproef, draai die intelligente Kambazembi Hoffmann se waardestelsel op sy kop. Gevolglik ontwikkel die jong wetenskaplike 'n intense belangstelling in haar en haar volk.
Hoffmann se fassinasie met Kambazembi spoor hom aan om 'n aanbod om te aanvaar om 'n ekspedisie in die destydse Duitse Suidwes-Afrika te onderneem, waar hy die wrede realiteit van die 1904-volksmoord beleef.
Daar is veel te sê oor dit wat in die film gesê en uitgebeeld is en die boodskappe wat uiteindelik nie die skerm gehaal het nie. Die kwessie van verkragting is een wat gereeld in volksmoordgesprekke opkom, maar skynbaar hier strategies uitgelaat is. Dit wil ook blyk asof die Nama-mense ietwat tweede viool speel teenoor die Herero's in die rolprent. Kraume het egter voor die film se plaaslike première verduidelik dat daar beperkinge is tot hoeveel onderwerpe en inhoud in een film aanmekaar verweef kan word.
Die verskeie liggings waar tonele afspeel mag Namibiese kykers ook verwar; in een geval verskuif een toneel van Lüderitz, na Swakopmund se Villa Wiese en dan weer na die Shark Island-konsentrasiekamp - alles binne sekondes. In 'n ander geval word Scheicher se karakter in 'n uur van nood deur 'n groep Herero's gered, maar vir Namibiese kykers speel hierdie toneel af in die suidelike dele van die land - waarskynlik in die omgewing van die Visrivier - wat destyds Nama-gebied was. Kraume se aanbeveling was dat Namibiërs soms hul ongeloof op hok moet hou, siende dat die gebeure in die film immers fiktief is.
Kraume het voor die première verduidelik dat selfs hy, as 'n geleerde historikus, geen kennis van hierdie volksmoorde gehad het voor hy na Namibië gekom het nie. Indien dit sy doel was om bewustheid te skep oor die Nama- en Herero-volksmoord deur film as 'n medium te gebruik, kan die kwaliteit daarvan op tegniese aspekte soos die fantastiese spel deur Jazama en Scheicher, sorg dat hierdie storie voorheen-oningeligte gehore bereik.
Vir Namibiërs wat gretig was om hul storie op die skerm te sien, mag Der Vermessene Mensch se akkurate uitbeelding van sekere gebeure selfs ontstellend wees.
TONEELSPEL
Afgesien van kritiek oor akkuraatheid en 'white washing', spog hierdie rolprent steeds twee uiters talentvolle hoofakteurs.
Veral die manier waarop die gedrag van Scheicher se karakter deur die loop van die film verander soos Alexander Hoffmann die gebeure van die volksmoord waargeneem het, sorg vir 'n meer narratiewe aspek.
Die manier waarop Jazama haar karakter as 'n sterk, rasionele en trotse vrou vertolk het, kan wel bydra tot die afbreking van die persepsie dat die Nama- en Herero-mense in stilte, sonder enige geveg of weerstand, voor hul vyande gebuig het.
Hoewel Der Vermessene Mensch nie noodwendig Namibië se storie volledig vertel nie, mag dit die grusame volksmoord van destyds wel op 'n internasionale platform plaas en die weg baan vir noodsaaklike gesprekke oor rassisme en die onsmaaklike geskiedenis wat ons vir ewig aan mekaar bind.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie