Die kronologiese verhaal van die lotgevalle van wildsoorte
Dr. Gerrit Pool – ? Nuwe boek uit die pen van die skrywer Ernst Stals het pas die lig gesien onder die titel Jagters, Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika.
Hierin word die kronologiese verhaal vertel van die lotgevalle van wildsoorte, van die wyse waarop mense jag daarop gemaak het, asook die groei van ? bewussyn oor die noodsaaklikheid dat dit belangrik was om die wilde lewe te beskerm. Hoewel hierdie verhaal net tot 1960 gevoer word, verskaf dit reeds ? belangrike agtergrond tot een van die belangrikste aspekte van die huidige problematiek binne die Namibiese samelewing.
Dr. Gerrit Pool, self ? gerekende navorser en skrywer oor die land se geskiedenis, laat hom in ? resensie in die jongste uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskappe en Kuns soos volg uit oor die meriete van hierdie jongste bydrae tot Namibië se geskiedenis:
“Ernst Stals doen oor die afgelope ongeveer sestig jaar navorsing oor die geskiedenis van Suidwes-Afrika/Namibië. Sy werke getuig van ? besondere aanvoeling vir die land, wat hy van hoek tot kant deurreis het, en sy mense. In sy navorsing laat hy hom nie lei deur die politieke gees van die tyd nie en gee hy erkenning aan elke volksgroep wat hierdie besondere land se geskiedenis help vorm het.
Stals se navorsing is geskoei op die lees van die Stellenbosse Geskiedenis-departement se tradisie van omvangryke prim?re argivale navorsing. ? Tradisie wat hy ook in hierdie publikasie voortsit.
Die 13 hoofstukke waarin Jagters [Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika] ingedeel is, volg logies op mekaar en toon Stals se insig in die tema. Dit dek kortliks die volgende:
• Van die voor-Duitse tyd toe die inheemse volksgroepe vir oorlewing gejag het, tot die fase waarin die gejaag na wins gedreig het om die wildbevolking uit te roei
• Die Duitse bewind wat ten spyte daarvan dat dit eers sy voete in die koloniale w?reld moes vind, die eerste stappe – al was dit aanvanklik net op papier – geneem het om die land se wildstapel te beskerm
• Die tydperk van milit?re bewind ná die Eerste W?reldoorlog toe ? raamwerk vir toekomstige wildbewaring daargestel is
• Die Suid-Afrikaanse bewind tot die Tweede W?reldoorlog toe wetgewing vir wildbewaring in meer besonderhede uitgevaardig is wat onder andere gelei het tot die skep van wildreservate waarvan dié by Etosha die belangrikste was
• Die politieke binnegevegte om te besluit watter departement eintlik vir wildbewaring verantwoordelik moet wees en die probleme wat dit geskep het
• Die rol van persoonlikhede in die stryd om en die omskepping van wildbewaring tot ? toeriste-aantrekkingskrag.
Die wyse waarop Stals sy materiaal aanbied deur eers ? kort hoofpuntsgewyse oorsig van die hoofstuk te gee; dit op te volg met ? feitelike uiteensetting; en dit daarna af te sluit met ? samevatting, dra baie daartoe by om die leser deurgaans betrokke te hou.
Die skrywer verskaf nie slegs feite oor wat gebeur het nie maar toon sy insig in waarom dit gebeur het.
In hierdie opsig verduidelik hy die rol van die land se geografie en demografie; die stryd tussen jag, uitwissing en handel; asook die konflik tussen die inkomende blanke boere, wat telkens weens die droogtes in ? oorlewingstryd was, en die bewaring van die land se wildstapel. Tesame daarmee beskryf hy die mate waarin amptenaar en boer na oplossings vir hierdie problem gesoek het. Terselfdertyd verwys die skrywer na die mate waarin die regering van die dag ?f in die gees van internasionale standpunte opgetree het ?f as gevolg van plaaslike omstandighede daarvan verskil het.
Jagters [Slagters en Wildwagters] is ryklik ge?llustreer met foto’s en insette van byvoorbeeld oorspronklike briewe wat die gehalte van die publikasie aansienlik verhoog.
Met hierdie publikasie lewer Ernst Stals ? gesaghebbende en noodsaaklike bydrae ten opsigte van die wetenskaplike navorsing en skrywe van Namibië se kleurryke geskiedenis en is ? belangrike gaping in die land se geskiedskrywing gevul.
Afgesien van die wetenskaplike aard van die publikasie verskaf dit ook nuwe lig op verskeie interessante aspekte, soos die vroeë jagters, die rol van indiwidue soos Ludwig von Estorff en later wildbewaarders soos Fischer, Breijer, Nelson en die skrywers A.A. Pienaar (Sangiro) en P.J. Schoeman, die ongemaklike verhouding tussen die Etoshawildtuin en die buurplaas Onguma, die ontwikkeling van ruskampe vir toeriste by Namutoni en Okaukuejo en verskeie ander.
E.L.P. Stals, Jagters, Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika. ? Kroniek van Mens en Wild: Die verhaal tot 1960. Padlangs Publications, Windhoek, 2022. Pp. 362.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie