Studente van Songbird Vocal Studio neem aan die Namibië Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste se jaarlikse talentvertoning deel. Foto verskaf
Studente van Songbird Vocal Studio neem aan die Namibië Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste se jaarlikse talentvertoning deel. Foto verskaf

Die room van opvoerende kunste op die verhoog

Michael Kayunde
Die Namibië Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste bied hul jaarlikse talentvertoning môre by Windhoek Gymnasium se skoolsaal aan.

Die vertoning, wat om 17:30 begin, beloof uitnemende talent, wat die geleentheid se doel om die land se uitvoerende kunstebedryf te versterk, beklemtoon.

Die direkteur vir die Namibië Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste, Lomine Langley, het met Kollig oor die geleentheid gesels.

“Ons is gereed om kunstenaars van oraloor Namibië te ontvang,” het sy gesê.

“Die wenners in elke kategorie sal die geleentheid kry om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig.

“Deelnemers wat goue medaljes verower sal as die Namibiese span gekies word en sal in aanmerking kom om volgende jaar in Los Angeles mee te ding,” het Langley bygevoeg.

Savannah Collins, ’n musikant en die stigter van Songbird Vocal Studio, het ook haar opgewondenheid gedeel.

“Dit sal ons derde jaar wees wat die Erongostreek verteenwoordig word. Verlede jaar het ons vyf goue medaljes gewen en ons hoop vanjaar ook vir die beste.”

Savannah het die belangrikheid van die geleentheid vir haar studente en die breër Erongo-gemeenskap beklemtoon.

“Dit is vir ons ’n groot prestasie om deel te wees van hierdie vertoning. Ons studente het ongelooflik hard gewerk en hierdie platform stel hulle in staat om te skitter en te groei.”

Kaartjies vir die vertoning is vooraf beskikbaar en kan by 081 122 0562 bespreek word. Die koste beloop N$100 per persoon en N$50 vir kinders jonger as 10.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!