Die stories van abstrakte vorms

Henriette Lamprecht
Die multimedia-kunstenaar Maria Mbereshu se kunswerke, gewortel in simbole uit haar Sambyu-kultuur en daaglikse lewe, kan vanaf vandag by The Project Room in Windhoek besigtig word onder die vaandel Shapes of Shelter.

Mbereshu wie se werke ook in uitstallings in die buiteland te sien was, ondersoek abstrakte vorms en die huishoudelike ruimte.

Sy is in die Kavangostreek gebore en het ’n hoër diploma in visuele kunste aan die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf.

Mbereshu deel die uitstalruimte met Janina Totzauer met die Shapes of Shelter-uitstalling wat ’n bevestiging is van die krag van kuns om ruimtes te skep waar uiteenlopende perspektiewe kan saamkom en inspireer. Dit dien as ’n bevestiging dat, selfs in ’n wêreld vol kompleksiteite het kuns die vermoë om stories van eenheid, begrip en gedeelde ervarings saam te weef.

The Project Room is Dinsdae tot Saterdae vanaf 10:00 tot 13:00 en weer vanaf 15:00 tot 18:00 oop vir die publiek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!