Duitse ontwikkeling in Namibië gevier
Verlede jaar het die Goethe-Institut en die Duitse ambassade in Namibië hande gevat om ’n geleentheid aan te bied waartydens vier spanne van plaaslike skrywers, ontwerpers en illustreerders met vier kinderboeke in net 12 uur vorendag gekom het. Die boeke is reeds gepubliseer en die verspreiding daarvan het begin.
Die beste illustrasies uit dié kinderboeke is nou uitgedruk en sal vanaf 18 tot 29 September in die Goethe-Institut se ouditorium uitgestal word. Die amptelike opening van dié uitstalling vind op 18 September plaas en almal is welkom om by die geleentheid aan te sluit.
Hierdie geleentheid val onder die German Weeks 2023, wat vanjaar op 13 September met ’n private geleentheid vir leerlinge by die Privatschule Swakopmund afskop. Op 14 September sal die Goethe-Institut, Deutsche Telekom Siftung en die Mondesa-gemeenskapsbiblioteek twee onderskeidelike werkwinkels by dié biblioteek aanbied waarvoor ’n beperkte getal belangstellendes kan registreer.
Op 14 September sal die Duitse ambassade ook aansluit by die Duitse-taaldepartement by die Universiteit van Namibië (Unam) se internasionale dag op die hoofkampus in Windhoek. Hiertydens sal inligting aangebied word oor Duitse studies by Unam, moontlikhede om in Duitsland te studeer en die Duitse taal.
Op 15 September bied Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) ’n wynfees aan. Kaartjies kan vooraf by [email protected] gekoop word.
Die kalender vir German Weeks 2023 is beskikbaar op die Duitse ambassade (German Embassy Windhoek) se Facebookblad. Sommige van die latere geleenthede kan nog onderhewig wees aan verandering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie