Eerste Doek!-fees ’n reusesukses
Die 2022 Doek! Letterkundefees, Namibië se eerste internasionale literêre fees, is van 21 tot 23 April by die Goethe-Institut in die hoofstad aangebied.
Met die Universiteit van Oos-Anglia (UEA) se internasionale leerstoel vir kreatiewe skryfwerk (ICCW) as vennoot en Bank Windhoek as borg, het die driedaagse viering van lees en skryf letterkundeliefhebbers bymekaargebring om aan kreatiewe skryfslypskole en paneelbesprekings deel te neem.
Tsitsi Dangarembga, die Zimbabwiese dramaturg, filmmaker en krities bekroonde skrywer van Nervous Conditions, The Book of Not en This Mournable Body, was die hoofspreker by die geleentheid.
Zukiswa Wanner, die Suid-Afrikaanse redakteur, uitgewer en skrywer van die bekroonde romans The Madams, Men of the South en London Cape Town Joburg en die eerste Afrika-vrou om die Goethe-medalje te ontvang, het by haar aangesluit.
Die Nigeriese skrywer Femi Kayode, wat die UEA/Little Brown-toekenning vir sy debuutroman Lightseekers gewen het, en Jean McNeil, ook ’n bekroonde skrywer en professor in kreatiewe skryfwerk by UEA, het die fees se internasionale gastelys afgerond.
Namibiese flair vir die fees se gastelys is verskaf deur die “2022-2023 Doek! Collective”, ’n eklektiese groep ontluikende Namibiese skrywers wie se werke in Doek! of in ander publikasies verskyn het.
Die Doek! Collective wemel van jong literêre talent en bestaan uit Charmaine //Gamxamus, Roxane Bayer, Kay-Leigh de Sousa, Ndawedwa Denga Hanghuwo (wat die eerste fiksieprys van die Bank Windhoek Doek! Literêre Toekennings in 2021 gewen het), Katherine Hunter, Filemon Iiyambo, Dalene Kooper en Ange Mucyo.
“Hierdie samekoms van letterkundeliefhebbers van alle ouderdomme en agtergronde, die eerste van sy soort in Namibië, was inspirerend en bemoedigend vir aspirant- en gevestigde storievertellers uit die land se jong literêre gemeenskap,” het Rémy Ngamije, Doek! se stigter, voorsitter en redakteur, gesê.
“Danksy Bank Windhoek se lojale ondersteuning kon hierdie opwindende maar komplekse fees se beplannings-, organiserings- en aanbiedingsfase vlot verloop. Sonder Bank Windhoek sou dit nie vir Namibië moontlik wees om by lande soos Nigerië, Suid-Afrika, Kenia en Ghana aan te sluit as ’n land wat in staat is om gesogte literêre geleenthede met nasionale en internasionale toeskouers en gehore aan te bied nie.”
POSITIEWE VERANDERING
Tsitsi het opgemerk dit is bemoedigend om te sien dat Bank Windhoek so ’n inisiatief ondersteun.
“Die kunste is burgerlik van aard en om te sien ’n private instelling is by hierdie belangrike projek betrokke, kan net goeie dinge vir die land inhou.”
Wanner het bygevoeg literêre feeste is belangrike kulturele gebeurtenisse wat ’n platform aan lesers en skrywers bied om bande te smee.”
Regter David Smuts, Doek! se beskermheer, het ook Bank Windhoek se ruim ondersteuning geloof.
“In ’n land soos Namibië waar die kunste toegang tot min hulpbronne het en nie altyd waardeer word nie, is dit van kardinale belang dat ondersteuning vir die kunste erken en geprys word. Steun vir hierdie fees en die Bank Windhoek Doek! Literêre Toekennings maak dit moontlik vir kuns en kunstenaars om te floreer, twee dinge wat noodsaaklik is vir ons jong grondwetlike demokrasie.”
Rémy het gesê die Doek! Letterkundefees bied die ideale platform vir gesprekke oor die desperate behoefte om ’n liefde vir lees te kweek, ’n mens se skryfkuns te slyp, die nodige dissipline en vasberadenheid te ontwikkel om loopbane in die kunste te volg, en literêre finansiering in Namibië.
“Een van die dinge wat hierdie fees duidelik gemaak het deur die slypskole en paneelbesprekings, was dat daar niks fout is met Namibiese letterkunde nie – die kwessie lê by finansiering,” het Rémy gesê.
“Sonder die finansiële hulpbronne wat nodig is om ruimtes te skep waar idees en vaardighede uitgeruil en oorgedra kan word, is dit onmoontlik om daaraan te dink om ’n literêre kultuur of gemeenskap te ontwikkel.”
Dit is ook danksy die vennootskap met die UEA se ICCW dat Doek! in staat was om ’n literêre fees met ’n internasionale invalshoek aan te bied waardeur van die mees invloedryke literêre persoonlikhede in Afrika met plaaslike skrywers kon kommunikeer.
Deur hierdie ontmoeting by die Doek! Letterkundefees te fasiliteer, het die ICCW ’n waardevolle platform vir vaardigheidsoordrag binne die literêre bedryf gebied wat die Windhoekse en Namibiese literêre toneel vir baie jare vorentoe sal verryk.
Die wêreldbekende kreatiewe skryfprogram van die Universiteit van Oos-Anglia in Norfolk in die Verenigde Koninkryk (VK) is die tuiste van een van die suksesvolste grade ter wêreld in dié vakgebied.
Die graduandi van dié universiteit sluit in sir Kazuo Ishiguro, ’n Nobelpryswenner; wenners van die Booker-prys soos Ian McEwan en Anne Enright; en ontluikende skrywers van die Afrika-vasteland soos Ayobami Adebayo.
Die foto-album van die 2022 Doek! Letterkundefees sal binnekort op festival2022.doek.africa beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie