• Tuisblad
  • Kollig
  • Eerste internasionale Nama-fees in Desember in Suid-Afrika gehou

Eerste internasionale Nama-fees in Desember in Suid-Afrika gehou

Dis meer as net ’n taal. Dis ’n beweging, ’n hartsgevoel. Met sy wortels stewig in Afrika geplant, is die Nama-taal ook gebonde aan ’n plek en eiesoortige en merkwaardige mense.

In Desember word daar vir die eerste keer ’n internasionale Nama-fees in Suid-Afrika gehou en Afrikaans Amptelik 100 is trots om deel daarvan te wees.

Die Namas is Khoi-Khoi wat oorspronklik hoofsaaklik in Namakwaland en die suidelike deel van Namibië gewoon het. Nama is die taal van die oorspronklike bewoners en word as amptelike taal in Namibië erken.

In Suid-Afrika is die woorde !ke e: /xarra //ke in die Khoisan-taal van die /Xam-mense en beteken “diverse mense verenig”.

Van 12 tot 16 Desember 2024 word ’n Internasionale Nama-fees in Carnarvon in die Noord-Kaap gehou met Suid-Afrika, Namibië en Botswana wat saam staan om hierdie sonderlinge fees te hou. Die doel van die fees is om die Nama-taal, -kultuur en -geskiedenis te bevorder en na maniere te kyk hoe dit vir die nageslag beskerm kan word. Carnarvon sal van 2024 die permanente tuiste van die fees word.



FEES MET ’N BESONDERSE KARAKTER

Die Internasionale Nama-fees is anders as ander feeste met ’n eie besonderse karakter.

Dit gaan fokus op die Nama-taal, een van die Khoe-Khoe se tale, en 12 riel- en 12 Nama-dansgroepe gaan optree. Namibië stuur ses Nama-dansgroepe, Botswana stuur drie en drie groepe van Suid-Afrika gaan ook deelneem.

Die rolprent !Aitsa word op Vrydag 13 Desember vertoon en Saterdag sal daar heelwat aktiwiteite plaasvind met onder meer die Nama-langarmdans in die skoolsaal. Daar gaan ook op die sportvelde gedans word en !Aitsa gaan weer by die kampvuur vertoon word.

Die Astro-gids sal feesgangers help om met teleskope die hemelliggame te besigtig en daar vind storievertelling plaas en natuurlik sal die vleispotte vol wees!

Op Sondag 15 Desember is Dankseggingsondag. Die program begin met die oggenddiens vanaf 10:00 tot 12:00 en sal deur drie predikante waargeneem word, een elk uit Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Vanaf 16:00 tot 20:00 is die fokus op gewyde sang. Kore en individuele sangers sal optree. Maandag ná ontbyt vind ’n vergadering van alle Nama-stamkapteins, feeskomiteelede en ander belanghebbendes plaas.

Vir die volle lengte van die fee sal daar stalletjies wees waar Nama-verwante items verkoop sal word en Nama-kultuurkosse bedien word. Boeke, soos onder andere dr. Koos Marais se Eeue van onreg, dr. Jeremy Veary se Crimson Sands, Bernadette Kiewiet se Life’s soiled eath en Chalwyn Thomas se Voetpaaie met Chalwyn, ? skrywer en digter vanuit die Richtersveld, sal bekend gestel word.



HOE KAN JY BETROKKE RAAK?

Indien jy die fees wil bywoon, betrokke wil raak of een van die borge in ons feesprogram wil word, kontak kaptein John Cornelius !Kham-aob Witbooi by [email protected] of stuur ’n WhatsApp na +27 72 106 1409. – Afrikaans100.org

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!