Ervaar ‘House of Connection’ van nader
Die kunstenaar Elisia Nghidishange gee môre om 11:00 ’n begeleide toer deur haar jongste uitstalling, House of Connection.
Dié uitstalling, wat tot 2 November by die Nasionale Kunsgalery te sien is, moedig diegene wat dit besigtig aan om na te dink oor hul verbintenisse met ander mense en die voorwerpe wat hulle deel van hul lewens maak.
In die middel van die uitstalling se galery word besoekers gevra om een ??item te kies wat by hulle aanklank vind. Hierdie item is aan ’n toutjie vasgemaak wat die besoekers na ’n ander item binne ’n huisie sal lei en hulle sodoende sal nooi om dieper na te dink oor die bande wat hulle met voorwerpe vorm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie