Ervare filmmakers aan die stuur van FAN
Die Filmmakersvereniging van Namibië (FAN) het onlangs sy nuwe raad aangekondig wat uit ervare filmmakers met uiteenlopende agtergronde bestaan.
Byron Joseph is as voorsitter verkies en het meer as 28 jaar se ondervinding in televisie, film en vermaak.
Die aktrise en aspirant-regisseur Tjuna ??Daringo sal saam met Joseph in haar hoedanigheid as die ondervoorsitter aan die stuur van sake wees. Daringo is ook die besturende direkteur van Mondjila Film Studios en het ook ’n agtergrond in bedryfsbestuur en openbare betrekkinge.
Inna Goroh, ’n gevestigde kunsentrepreneur, is voortaan in beheer van die vereniging se geldsake. Hy is die stigter van Inchiology Studios en het hom sodoende gevestig as een van die land se kundiges in videoproduksie, veral in animasie en film. Oor die jare het hy sy talente geleen aan musiekvideo’s, advertensies vir televisie en film.
Die bekroonde akteur Armas Shivute Armas bestuur nou FAN se bedrywighede en korrespondensie. Hy het meer as twee dekades se ondervinding en is ook ’n geliefde stem op die radio.
Vickson Hangula is verantwoordelik vir FAN se verhoudinge met ander organisasies en samewerkingsgeleenthede. Hy is die eienaar van Grassroots Entertainment en mede-eienaar van DEVIne Film Productions. Hy is die enigste Namibiese lid van die Film Independent-organisasie wat in Los Angeles in die Verenigde State van Amerika gesetel is. Hy is ook een van Global Media Makers se 2023-alumni
Die passievolle filmmaker Esther Beukes is bekend daarvoor dat sy stereotipes en tradisionele norme in haar rolprente uitdaag, en by FAN neem sy die uitdaging aan om beheer te neem van die vereniging se geleenthede, werkwinkels en programme.
Angelo Joao Viringa neem die leisels van lidmaatskap oor en het meer as 30 jaar se ondervinding, hoofsaaklik as ’n ligte-operateur. Sy belangstelling en loopbaan in die filmbedryf het begin tydens die verfilming van Flight of the Phoenix.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie