Ter illustrasie Foto Pexels/Karen Laårk Boshoff
Ter illustrasie Foto Pexels/Karen Laårk Boshoff

Frikkadelle en aartappels met ’n groen-kinkel

Iréne-Mari van der Walt
Groente hoef nie vaal en vervelig op jou bord te lê tot jy eendag moeg raak om dit met jou vurk rond te stoot nie. Hier is ’n heerlike resep – waar jy groente byvoeg – om jou disse op te helder en lekkerder te maak.



FRIKKADELLE:

Bestanddele

• 1 kg maalvleis

• groente van jou keuse (spinasie, wortel en/of kool word verkies)

• kruie (pietersielie word verkies)

• 1 eier

• olie



Metode:

1. Sny die groente baie fyn. Voeg die gekapte kruie en die groente by die maalvleis. Voeg die eier by en meng goed. Vir beste resultate gebruik jou hande.

2. Bedek die bodem van die pan met olie en voorverhit die pan op middelmatige hitte.

3. Rol die maalvleis in bolletjies – omtrent 2 tot 3 cm in deursnee en plaas in die warm pan. Bedek die pan met ’n deksel en verbruin die frikkadelle aan die onderkant voor jy dit omdraai. Braai tot gaar.



KAPOKAARTAPPELS:

Bestanddele

• aartappels

• wortels

• melk

• koue botter

• sout



Metode:

1. Skil die aartappels en wortels en sny in blokkies van eweredige grootte.

2. Kook die aartappel en wortel in water tot sag en druk dit daarna fyn. Roer die melk en sout by.

3. Sny soveel koue botter soos jy verkies in blokkies en roer by die aartappels tot die botter gesmelt is. Indien jy verkies, kan jy die kapokaartappels met swartpeper bedien.



SOUS:

Bestanddele

• 1 klein witui

• aftreksel van jou keuse (verkieslik bees)

• kruie van jou keuse (verkieslik tiemie, basieliekruid en/of pietersielie)

• speserye van jou keuse (verkieslik gerookte paprika)

• rooiwyn (opsioneel)

• botter (omtrent 1 eetlepel)



Metode

1. Sny die ui in dun repies. Kook in ’n bietjie water en bedek met ’n deksel tot dit begin sag word en die water verdamp.

2. Voeg olie by en braai die ui tot bruin. Voeg die aftreksel, kruie, speserye en rooiwyn by. Laat dit prut op middelmatige hitte tot die vloeistof begin verminder.

3. Voeg botter bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend tot die botter in die sous opgeneem is.

4. Bedien die frikkadelle op die kapokaartappels met die sous bo-oor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!