Goed, beter, biltong!
Windhoek gaan hierdie naweek gons met een van Namibië se gunstelingfeeste – die Biltongfees. Wat is dan nou beter om mense bymekaar te bring as die liefde vir biltong?
As jy hierdie naweek meer biltong koop as wat jy kan kou, hier is 'n paar resepte wat nuwe asem in die naweek se oorskietbiltong sal blaas.
Sampioen-biltong-en-cheddarkaas-brood
BESTANDDELE:
2 E botter
2 E olyfolie
250 g gekapte portabellini sampioene
180 g bruismeel
½ E rooipeper
3 jumbo eiers
¼ koppie karringmelk
80 g gekapte beesbiltong
100 g gerasperde cheddarkaas
sout en swartpeper na smaak
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit botter en olyfolie in ‘n pan tot die botter gesmelt is. Voeg sampioene by en braai tot die vloeistof weggekook het. Geur deeglik met sout en swartpeper.
Sif die bruismeel in ‘n bak en voeg rooipeper by. In ‘n maatbeker, klits die eiers en karringmelk goed saam. Roer die biltong, kaas en sampioene in.
Smeer ‘n broodpan van 23 cm en skep die mengsel in. Bak 35 tot 40 minute en laat die brood in die pan afkoel voor jy dit uitkeer.
– Netwerk24
Outydse Marmite-tert met gekerfde biltong
BESTANDDELE:
100 g botter, teen kamertemperatuur
125 ml suiker
2 eiers
80 ml melk
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
125 ml gerasperde cheddar
BOLAAG:
30 ml botter, teen kamertemperatuur
10 ml Marmite of Bovril
VIR AFRONDING:
Ekstra gerasperde cheddar
150 g gekerfde nat biltong
15 ml biltongpoeier
5 ml koljandersaadjies, gerooster en grofgemaal
METODE:
Voorverhit die oond to 180 °C.
Smeer ‘n pan van ongeveer 29 cm x 23 cm goed met botter.
Klits botter en suiker in ‘n mengbak met ‘n elektriese handklitser tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy aanhoudend klits. Giet die melk by en klits.
Sif die meel, bakpoeier en sout oor die mengsel en klits tot net gemeng.
Voeg kaas by en meng liggies deur. Giet die beslag in die voorbereide oondpan en bak 20 minute in die voorverhitte oond of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uit die middel kom.
Bolaag: Meng die botter en Marmite of Bovril goed en smeer oor die tert sodra dit uit die oond kom.
Afronding: Sprinkel die kaas oor die tert en bak 5 minute tot die kaas gesmelt is

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie