Grenslose vermaak wag op Namibië
Twee van die bekendste musikante in Suid-Afrika, André Schwartz en Coenie de Villiers span vir die heel eerste keer kragte saam in die musiekproduksie Grensloos.
“Ons dreig al jare lank om iets saam te skep, en ek en André het gewoon besluit dat nóú die tyd is, terwyl ons nog kan,” vertel Coenie.
Dié gewilde duo besoek Namibië aan die einde van September, met vertonings, in Windhoek, Outjo en Swakopmund.
Maar waarom die titel Grensloos?
“Ons wou graag iets skep wat oor grense heen strek,” sê André.
“Daar is ongelooflike asook minder bekende komposisies uit onder meer Frankryk en Nederland, en dan natuurlik ook uit Suid-Afrika. Ons voer van Coenie en my eie komposisies uit, en ‘n hele paar daarvan sal heeltemal nuut vir gehore wees. Ons wou albei ‘n vertoning sonder ‘n enkele kompromis saamstel – ‘n mens weet nie wanneer jy weer die kans kry nie!”
Tydens die vertoning praat Schwartz en De Villiers ook oor hulle eerste opnames. En dis vrek lekker om saam te werk – “ons moes dit lankal probeer het!”
“En dis ook ‘n positiewe vertoning – niemand grens oor sy of haar lot in die lewe nie. Dis ongelooflik om die spektrum van liedere te sien wat juis hierdie boodskap van leef en laat leef oor alle grense weerspieël – nie net die grense tussen lande nie, maar ook die grense tussen mense, geslagte en kulture. Aan die einde van die dag is almal maar net méns. . .”
Kom vier die lewe in woord en lied, uitgevoer deur twee van Suid-Afrika se voorste musikante. Die debuutvertoning van Grensloos was voor stampvol teaters in Suid-Afrika.
“Dis lekker om ‘n staande ovasie tydens die vertoning te kry,” lag die twee kunstenaars.
Daar is iets magies wat gebeur wanneer dié twee kunstenaars die verhoog betree – onmisbaar en onvergeetlik.
Besonderhede van die Namibiese vertonings is soos volg:
• Windhoek: 28 September, Nasionale teater (NTN) Backstage om 20:00. Kaartjies is teen N$300 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
• Outjo: 29 September, Moria Privaatskool om 18:30. Kaartjies kos N$150 vir volwassenes en N$100 vir laerskoolleerlinge. Beskikbaar by Moria op 067 313054 (voormiddag) en Anél Holtzhauzen op 081 255 0204 (namiddag) of Onduradio Boekwinkel op 067 313 290.
• Swakopmund: 30 September, Namib Primary School Aula om 19:30. Kaartjies is teen N$280 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
Enige navrae kan aan Jolene Nell op 081 129 3020 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie