Groei en stagnasie in Namibiese fynkuns (Deel 5)
Vir protes was die oorheersende wit Namibiese kunsgemeenskap ietwat skugter.
Hier is versetkuns baie veilig en versigtig hanteer en nie so intens en opruiend soos suid van die Gariep nie.
Plaaslik was die kritiese politieke beelde meer doeltreffend hokgeslaan met vervolgingswaan onder die streng wakende oë van die destydse Suid-Afrikaanse besettingsmag.
Die mees uitgesproke weerstandaanklagte spreek uit John Muafangejo se afdrukke. Destydse politici het sonder sukses hul bes probeer om van hom ’n radikale figuur te maak. Hulle kon nie sien dat sy belangrikste nalatenskap meer esteties as militant was nie.
Om ’n wyer impak en massa ondersteuning te kry, moet revolusionêre kuns ondubbelsinnig en grafies wees. Geen revolusionêre propaganda oortuig met vae eksperimentering en persoonlike metafore nie.
In Namibië moes die vloed van vernuwing noodgedwonge kom omdat dit lankal in die pyplyn was en Suidwes-/Namibiese kuns besig was om te stagneer. Gelukkig was die ruimte en tydgees ook reg vir die wegbreek van holrug geryde temas.
Fotografie en grafiese afdrukke was meer doeltreffend om sosio-politieke knelpunte uit te lig. Hier kajak John Liebenberg (1958-2020) en Tony Figueira (1959-2017), verby met onderskeidelik meer of minder ontstellende fotografiese materiaal.
Hul fotodokumentasie van ’n land in die greep van ’n bevrydingstryd het tegnies gestreef om as kuns gesien te word, maar met terugskouing het hul aktuele kiekies te min stamina gehad om volstoom ’n estetiese wedloop van gehalte vol te hou.
Hul nalatenskap laat ’n ietwat flou pro-bevrydingsbeeld in ’n windstilte agter en vandag kan hul relatiewe vroeë afsterwes hoogstens politieke sameweringsteorieë aanvuur. Maar fotograwe was dan ook meer afskryfbaar as soldate.
NA ONAFHANKLIKHEID
Die skaarste aan innoverende kuns kan ook deels toegeskryf word aan die gebrek aan sterk kunsgalerye wat plaaslike kunstenaars voortdurend mentor. Dink vlugtig aan die Goodman-galery in Suid-Afrika, wat plaaslike talent daar bevorder het.
Voor en na die Untag-tydperk (Verenigde Nasies se oorgangsbestuursmag) 1990’s tot 2010), gedurende die jare voor onafhanklikheid, het kommersiële galerye soos die wilde sampioen omajova in Windhoek opgespring. Selfs “township”-kuns steek sy kop uit.
Opportunisme en die Untag-mark bring egter kwantiteit en nie kwaliteit nie. Baie van hierdie galerye het skaars ’n langer leeftyd as die wilde sampioene gehad.
Onderdrukking skep ’n platform vir eksterne en interne gepynigde kuns. In ’n vrye bestel word die grense van uitdrukking meer deur die kunstenaar se eie interne dwangreëls oorheers en sal die tematiese stof hoofsaaklik gelaai word met intieme persoonlike simbole en gevoelsindrukke.
Onder eksterne druk sal proteswerk meer verskuil, aktueel, abstrak en universieel uitgebeeld word.
Albei het geboortepyne en dit is moeilik om te bepaal watter dryfveer die beste kuns plaaslik geproduseer het, maar kunstenaars wat gehoop het om ernstig opgeneem te word, moes steeds in die Nasionale Kunsgalery van Namibië uitstal.
Vrouekunstenaars Trudi Dicks (1940-2024), Helena Brandt (1941), Barbara Piron (1942) en later Barbara Böhlke (1958) asook fotograwe Amy Schoeman (1941) en Helga Kohl (1943) vaar voort terwyl die manne oorlog voer.
Die werk van Dicks en Brandt neem toenemend ’n vrydenkende rigting in. Laasgenoemde inkorporeer mitiese Afrka-simbole in haar pogings en Dicks gebruik die figuur om aanvanklik sosio-morele sake aan te spreek.
Schoeman bly nie vasgevang in tradisie nie en lewer professionele foto’s wat kovensionele grense toets.
NUWE MEDIA
In fotografie neem dit ’n rukkie voor die wye wêreld van digitale tegnologie plaaslik ten volle ontgin word.
Gesoute fotograwe Tony Figueira en Amy Schoeman omhels die nuwe tegnologie gouer as Helga Kohl (1943) wat langer haar geloof in donkerkamerwerk behou.
Jens Kyl (1943) en Pedro Vorster (1952) tokkel die fotografiese takelwerk met verwerkte digitale afdrukke. Kyl het voorheen met keramiekvorms geëksperimenteer en maak innoverend gebruik van die digitale revolusie.
In meer onlangse skeppings kombineer hy donker erotiese vorms met surrealistiese figure agter ou vensterrame. Hy pas beeld op beeld toe en gee dubbelsinnige betekenis wanneer elke geraamde figuur ’n onderliggende betekenis bykry wanneer die vensters oopgemaak word.
Vorster herfotografeer sy collages om ’n foto van ’n saamgestelde werk te kry. Tans swerf hy in die kuberruimte met die kamera om abstrakte landskappe te skep uit alledaagse gefotografeerde voorwerpe.
Die herhalende tema in sy werk is tegnologie teenoor die natuur.
Hierdie groep sorg dat fotografie gevestig word as ’n kunsmedium in Namibië, maar wat baat hernuwing die publiek as die kommunikasiegaping tussen kunsliefhebbers en kunstenaar te groot word?
Lees meer in deel 6.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie