L.A. Cobra sal by Camp Rock optree. Foto verskaf
L.A. Cobra sal by Camp Rock optree. Foto verskaf

Groot bederf wag op musiekliefhebbers

Groot name eersdaags in Namibië
No byline
Een van die hoogtepunte van die plaaslike musiekkalender is op ons voorstoep met lewende legendes soos Jack Parow, Springbok Nude Girls en L.A. Cobra wat die verhoog vanaf 10 tot 12 Mei aan die brand gaan sing.

Plaaslike kunstenaars sal ook optree met name soos Sagarias Tsam, Andra Cilliers, Small Town Tramp en Ou Slow wat die skare sal vermaak.

Camp Rock nooi elke jaar musiekliefhebbers vir ’n naweekwegbreek saam met van die grootste name in die musiekbedryf. Vanjaar sal geen uitsondering wees nie met byna 30 kunstenaars van Namibië en Suid-Afrika wat die verhoog en Camp Rock se Rave Cage by die Monte Christo-kampterrein aan die brand gaan kuier.

Kaartjies is beskikbaar by www.eticket.my.na teen N$450 vir Saterdag se dagtoegang en N$750 vir naweektoegang, kampgeriewe uitgesluit.

Meer inligting oor kampgeriewe en daaglikse toegangsfooie is by www.camprocknamibia.com of www.eticket.my.na beskikbaar.

Die fees is daagliks oop vanaf 12:00 tot 00:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!